Linga-Longa Guest Farm

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Linga-Longa Guest Farm is in Bela-Bela ("die pot wat kook" in Tswana) in die Waterbergse bosveld geleë. Hierdie dorp is bekend vir sy warmwaterbron wat 22 000 liter warm water (53º C) per uur voortbring. Die gemiddelde hoeveelheid sonnige dae per jaar is 186 en daar is heelwat sportgeriewe, besienswaardighede en eetplekke op die dorp.

Die gasteplaas het eenhede met- en sonder selfsorgfasiliteite. Elke kamer is versier met 'n tikkie outydse bekoring, toegerus met heelwat kaste, 'n en suite-badkamer en laat baie sonlig binne. Die eenhede is opgerig in 'n stil omgewing sodat besoekers 'n lekker nagrus kan kry na 'n dag van aktiwiteite of konferensies. Ons standaard selfsorgkothuise het elkeen 'n toegeruste kombuis. Die kamers het 4 tot 6 beddens en elke kothuis het sy eie tuintjie en braaigeriewe. Televisies is nie beskikbaar in die kamers nie.

Ons het kapel met sitplek vir 100 persone, 'n konferensielokaal en 'n saal. 'n Rugbyveld, vlugbalbaan, swembad en bergfietsroetes is beskikbaar. Ons spoor kinders aan om die buitelewe te ontdek. Ons word omring deur pragtige voëllewe en ongewone fauna en flora. Linga-Longa is trots op die rus en vrede wat hier heers. Verskeie doendinge, soos olifantritte, 'n krokodilplaas, Zip-Lining, kampeer en karavaanstaanplekke is minder as 30 minute se ry van ons af.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Linga-Longa Guest Farm gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R450 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za