Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Lions Den Guesthouse

B&B
  • Kapasiteit: 16 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Otjiwarongo, Plaas Otjitazo, Deel 14, Namibië, 0000, Otjozondjupa
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R900 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Lion's Den Guesthouse bied bekoorlike Afrika-styl-verblyf in die jagluiperdhoofstad van die wêreld. Dit is net 5 km buite Otjiwarongo op die B1 op pad na Etosha Nasionale Park geleë en dien as 'n ideale oornagplek. Die gastehuis is naby Namibië se noordelike toeriste-besienswaardighede en sowat 250 km noord vanaf Windhoek geleë.

Die gastehuis word deur die rustige bosveld en wild omring en verwelkom moeë vakansiegangers en sakereisigers op pad na Namibië se bekende bestemmings. Verblyf word in 8 gastekamers gebied en elkeen het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Linne en handdoeke word voorsien.

Elke kamer het 'n yskassie, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n TV en gratis WiFi.

Die gastehuis het 'n Namibiese atmosfeer en spog met grasdakke, 'n pragtige tuin, lieflike restaurant, kroeg, konferensiegeriewe en 'n boma waar gaste onder die Afrika-hemel kan kuier.

Lion's Den Guesthouse is naby noordelike besienswaardighede soos Etosha Nasionale Park, Damaraland met die bekende Vingerklip, Twyfelfontein en die versteende woud. Gaste kan ook die Kavango en Caprivi-strook se welige bosveld verken. Op pad na die suide is daar bestemmings soos die Waterberg-platopark, Namibië se hoofstad en die uitgestrekte horison van die suidelike streke. Lion's Den is ideaal geleë en dien as die perfekte oornagplek vir reisigers wat hierdie streek verken.

Ligging

  • Otjiwarongo, Plaas Otjitazo, Deel 14, Namibië, 0000, Otjozondjupa
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Otjozondjupa Namibië
Vanaf
Vanaf R900
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R900
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 16 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Otjiwarongo, Plaas Otjitazo, Deel 14, Namibië, 0000, Otjozondjupa
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA1a581da41b79a0a880fb2f00fbe312e78e97ad5b92f50f1955958055998c66d160ef97f236d5c82fea4b7645afa0d03ec90f?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R900 per nag (plek vir 2) Otjiwarongo Farm Otjitazo, Portion 14 0000 Otjozondjupa 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -20.457494068092 16.596736907959
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem