Little Forest Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Little Forest Guest House skuil in 'n lowerryke straat in die gewilde woonbuurt genaamd Parkhurst, Johannesburg.

Dié gastehuis het 4 lieflike eenhede. Die dubbelkamers in die Zanzibar Tuin-suite en die Mali Tuin-suite of die gesinskamers in Die Swembad-kothuis en die Koperhuis.

Elke eenheid het 'n en suite-badkamer en linne word voorsien. Verder het elke eenheid 'n mikrogolfoond, yskas, TV met DStv, tee- en koffiemaakgeriewe, en 'n sitarea buite. WiFi en 'n wasgoeddiens is ook beskikbaar.

The Little Forest Guest House is stapafstand van 4de Laan met al sy restaurante, koffiewinkels, deli's, winkels en boetieks. Die gastehuis is naby Braamfontein, Sandton, Rosebank en Johannesburg se middestad. Daar is ook verskeie hospitale in die area soos Sandton Clinic, Donal Gordon Clinic, Rosebank Clinic, Milpark Clinic en Parklene Clinic.

Dit is ideaal vir kort- en langtermynverblyf, en veral vir pasiënte wat herstel ná operasies wat uitgevoer is by een van die vele hospitale in die omgewing.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Little Forest Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 300 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za