Loddey's Beach Front Self-catering Apartment 1

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 15 % af

Kry 15% af. Geldig vanaf 1 Jun 2019 tot 31 Aug 2019.

Beskrywing

Loddey's Beachfront Self-catering Apartment 1 is 'n ruim woonstel met slaapplek vir 6 gaste met 'n 180º-uitsig oor die Atlantiese Oseaan, Helderberg en Hottentots-Hollandbergreeks.

Dié moderne woonstel beskik oor 3 slaapkamers en 'n oopplan-leefarea, perfek om lekker saam met vriende en familie te kuier terwyl julle die uitsigte geniet. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed, 'n privaat, oop badkamer en 'n pragtige uitsig. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die laaste 2 kamers deel 'n volledige badkamer met 'n uitsig oor die see. Daar is ook 'n aparte toilet vir gaste.

Die kombuis is ten volle toegerus en beskik oor moderne toebehore soos 'n dubbeldeuryskas-vrieskas, 'n oond met 'n stoof en 'n mikrogolfoond, sowel as 'n opwaskamer met 'n skottelgoedwasser, 'n wasmasjien en tuimeldroër vir ekstra gerief. Die sitkamer het 'n TV met sekere DStv-kanale. Die woonstel word een keer per week skoongemaak en vars linne en badhanddoeke word voorsien.

Daar is 'n swembad in die Ocean View-kompleks, asook braaigeriewe waarvan gaste gebruik kan maak Gaste moet hul eie strandhanddoeke saambring. Die kompleks het uitstekende sekuriteit en kelderparkeerplek is beskikbaar vir gaste gedurende hulle verblyf.

Slaapplek

'n Bespreking by Loddey's Beach Front Self-catering Apartment 1 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Loddey's Beach Front Self-catering Apartment 1 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 095 R1 781 per nag (plek vir 6)

Kry 15% af. Geldig vanaf 1 Jun 2019 tot 31 Aug 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false