Long Street Boutique Hotel
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 36 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Langstraat 230, Kaapstad, 8001, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R999 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Long Street Boutique Hotel is in die hartjie van die lewendige Langstraat in die middestad geleë. Dit is gewild vir die naglewe en na aan al die hoof-toeristebesienswaardighede en inkopiegeleenthede, en dan spog dit boonop met asemrowende uitsigte op die majestueuse Tafelberg.
Dié klein boetiekhotel het 12 kamers. Al die kamers is smaakvol versier en elke kamer is toegerus met 'n satelliet-TV, 'n kluis, lugversorging en 'n Néspresso-koffiemasjien. Sommige van die kamers het balkonne. Die ruim badkamers beskik elk oor 'n stort en sluit gratis toiletware in. 2 van die 3 "deluxe"-kamers het ook elk 'n Victoriaanse bad.
Die sentrale rekenaarstasie het 24 uur-internettoegang en gratis WiFi is beskikbaar in die kamers. Daar is 'n gemeenskaplike leefarea met 'n eerlikheidskroeg en 'n platskerm-TV. Ons voorsien komplimentêre koffie- en teemaakgeriewe. Die kamers word daagliks skoongemaak. Al die vensters is dubbel-verglans om straatgeraas te verminder.
Dit is sentraal geleë met maklike toegang tot Kaapstad se hoof-besienswaardighede en doendinge wat 'n groot verskeidenheid inkopiegeleenthede, restaurante, kroeë, antiekwinkels en boekwinkels bied.
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Portier
- Gastesitkamer
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Nagportier
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Wynproe
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Xhosa
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.3/5
Tapiwa Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 26
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Langstraat 230, Kaapstad, 8001, Wes-Kaap
- Gaste dink Long Street Boutique Hotel het ’n goeie ligging
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 36 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Langstraat 230, Kaapstad, 8001, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom