Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Longview Ranch

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kwaggaskop, Belfast, 1100, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Longview Ranch vorm deel van 'n 2000 hektaar-beesplaas in die Mpumalanga-hooglande. Dullstroom is net 30 minute se ry ver. Doendinge sluit visvang (forel en baars) in die plaasdamme, bergfietsry, voetslaan en die verken van die plaas met 'n 4x4-voertuig in. Gaste sal gereeld kleinwild soos rietbokke, oribies, ystervarke en apies hier gewaar. Verblyf word in 2 klipkothuise aangebied.

Kloof Kothuis is in 'n kloof reg langs 'n klein dammetjie wat 'n natuurlike oorloop het geleë. Gaste kry die geleentheid om gehalte-tyd saam te spandeer. Hierdie kothuis het 2 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer. Die ander slaapkamer op die boonste verdieping het 4 enkelbeddens en 'n aparte badkamer met 'n stort. Die kothuis is ten volle toegerus met gehalte-linne en breekware. Die kombuis het 'n gasyskas-vrieskas, 'n gasstoof, 'n vlekvrye staal-braai en 'n kaggel. Kloof Kothuis is ideaal vir 'n paartjie of gesin.

Longview Kothuis is ideaal vir 'n paartjie of 'n gesin met klein kinders. Die kothuis het 'n oopplan-uitleg met 2 kaggels, een aan elke kant. Die kothuis is baie ruim en goed toegerus. Daar is 'n koningingrootte-bed en 'n slaapbank wat as slaapplek vir die kinders kan dien. Die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, 'n gasstoof en 'n braai van vlekvrye staal. Die kothuis is ten volle toegerus met gehalte-linne en breekware.

Albei kothuise het battery aangedrewe ligte. Daar is geen Eskom-elektrisiteit nie. Albei kothuise word op versoek skoongemaak. Voertuie met 'n hoë grondvryhoogte word aanbeveel om die plaas te verken.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël

Geriewe

  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Kunsvlieghengel
  • Forelhengel
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 177 resensies vir Longview Ranch
Netheid
4.8/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • Kwaggaskop, Belfast, 1100, Mpumalanga
  • Gaste dink Longview Ranch het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 200
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 200
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kwaggaskop, Belfast, 1100, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDk5MDVlNjQ4LWE5MWQtNDI1Ni1hZTJiLWRjY2U1MDhiZWMxYg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense 177 5 1 5 Kwaggaskop Belfast 1100 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.537872297759 29.973444342613