Lord's Guest Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Lord's Guest Lodge kyk uit oor die uitgestrekte vallei en op die berge in die verte. Dis bo die Koningsrivierheuwels tussen Robertson en McGregor geleë, net langs die R62, Lord’s Guest Lodge verwelkom gaste in 'n omgewing waar tyd stilstaan

Verblyf word gebied in 4 losstaande eenhede, 2 luukse dubbelkamers en 2 luukse 2-enkelbedkamers. Die kothuise het ongelooflike uitsigte vanaf elke privaat stoep. Elke eenheid het 'n en suite-badkamer met 'n stort en toilet. Daar is ook 'n sitkamer met 'n kaggel en 2 slaapbanke met slaapplek vir 2 kinders. Ander kamergeriewe sluit 'n yskassie, waaier, verwarmer, WiFi en tee- en koffiemaakgeriewe in. Die luukse dubbelkamers het elkeen 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer en die luukse 2-enkelbedkamer het 2 driekwartbeddens en 'n en suite-badkamer.

Motorfietse sal die eiendom kan bereik.

Gaste kan 'n glasie wyn by die kroeg met uitsigte oor die pragtige wingerde en berge geniet. Die wynkroegie is langs die swembad en bied verskeie wyne vanuit die omgewing, asook spesialiteitswyn vanaf die Lord’s Wynplaas net buite McGregor. Lord's Guest Lodge bied ook konferensiegeriewe vir afgevaardigde groepe van tot 30 vir vergaderings en seminare. Spyseniering, wynproe en braaigeriewe is op versoek beskikbaar.

Lady Grey Restaurant het 'n pragtige stoep met 'n uitsig oor die afgeleë Langebergreeks en Lord's se lieflike tuine waar gaste goeie wyn uit die vallei en heerlike kos vanaf die a la carte-spyskaart kan geniet. Bespreking word aanbeveel. Die klipkapel met sy oorspronklike deure en vensters wat uit 1849 dateer, skep 'n spesiale atmosfeer en is geskik as trou-venue.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  •  Wynproe
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Kantoorgeriewe
  •  Plek vir tot 30 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Lord's Guest Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 300 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za