Lucien Sands 702

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Lucien Sands 702 is 'n selfsorgwoonstel in 'n veilige kompleks in Margate. Die woonstel bied 'n fantastiese see-uitsig vanaf die balkon.

Dié woonstel het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, handstort, toilet en 'n wasbak. Die tweede en derde kamer het elk 'n dubbelbed. Die tweede badkamer het 'n stort. Gaste moet asb. hulle eie handdoeke saambring.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, wasmasjien, eetgerei en breekware. Die sitkamer het 'n gemaklike sitkamerstel en 'n TV met 'n DStv-kopppelpunt. Gaste moet hulle eie DStv-dekodeerder en -slimkaart saambring. Ongelukkig geen Explora-dekodeerders nie. Die sitkamer lei na 'n ruim balkon met 'n lieflike uitsig waar gaste kan eet.

Die kompleks spog met 'n hyser, swembad en veilige parkeerplek. Die kompleks is ideaal 3 km vanaf Margate se hoofstrand, die Hibiscus Mall Centre, restaurante en winkels.

Slaapplek

'n Bespreking by Lucien Sands 702 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Lucien Sands 702 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 149 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false