LekkeSlaap
Maak jou ervaring
lekke met ons app
KRY APP
+50

5 gaste

3 slaapkamers

4 beddens

3 badkamers

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Slaapplek vir 5 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • 26 Versfeld Street, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap Sien kaart

Partner

Dié plek bied ekstra voordele aan LekkeSlaap Rewards-lede.

Beskrywing

Lugkasteel is 'n ruim dubbelverdiepinghuis in Yzerfontein wat spog met pragtige uitsigte oor die Atlantiese Oseaan en is ideaal vir 'n rustige gesinsvakansie.

Die huis is ongeveer 250 m² groot, het 3 slaapkamers op die grondvloer en bied slaapplek aan 5 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die derde slaapkamer het 1 enkelbed. Die tweede badkamer het 'n bad, stort, wasbak en toilet. Daar is ook 'n derde aparte gastetoilet. Op die grondverdieping is daar ook 'n ruim kombuis met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, stoof, oond, skottelgoedwasser, wasmasjien, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei. Die eetkamer het 'n tafel en stoele waar gaste etes saam kan geniet.

Die boonste verdieping het 'n sitkamer met gemaklike sitplekke en 'n uitsonderlike uitsig oor die see. Vanaf hierdie boonste gedeelte van die huis, kan gaste op mooiweersdae die hele oseaan vanaf Tafelberg in die suide, Dasseneiland in die weste en die Posberge in die noorde sien. Soms is mens gelukkig om ook 'n uitspattige walvis in die see voor jou te sien baljaar. Die meeste gaste geniet verder om te sien hoe die son agter die horison verdwyn - meestal met 'n pragtige rooi gloed.

Die DStv in die sitkamer bied net beperkte kanale, maar gaste is welkom om hulle eie DStv-kaart en -dekodeerder saam te bring, of met die eienaar te reël dat meer kanale beskikbaar gestel word. Ekstra koste sal ongelukkig gehef word vir die ekstra kanale, maar dit kan met die eienaar onderhandel word.

Die ingeslote binnebraai-area kan via glasskuifdeure vanaf die sitkamer bereik word, en daar is 'n opwasbak en informele tafels en stoele vir 'n gesellige atmosfeer rondom die vuur.

Die hele huis is tot die beskikking van gaste. Die eienaar woon egter baie naby en kan enige tyd gekontak word indien daar behoeftes sou ontstaan wat nie vooraf voorsien is nie.

Dit is belangrik dat gaste ons ongeveer twee uur voor die aankomstyd 'n indikasie gee ten einde reëlings vir ontvangs te vergemaklik.


Kamer-opset

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

1

1 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Bad, Stort, Toilet

Badkamer

Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
Troeteldiere op versoek
Mooi uitsig
TV
Volledige kombuis
Wasmasjien
Kaggel
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 83 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
5.0
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Ken K
Saam met lewensmaat
5.0
Vriendelike eienaars, baie behulpsaam en ons voel soos familie toe ons weggaan. Baie lekker gebly. Als wat mens nodig het en nog meer.
Sep 2026
Mia L
Gesin met klein kinders
5.0
Great stay. Very accommodating and lovely hosts. Great stay. Very accommodating and lovely hosts!
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2026
Margaret V
Saam met lewensmaat
5.0
Ongelooflike verblyf met die mooiste uitsig. Dit was 'n ongelooflike ervaring om in Lugkasteel te bly. Charles en Ingrid het uit hul pad gegaan om ons...
Sien meer
Jul 2026
Carol T
Saam met lewensmaat
5.0
A wonderful anniversary celebration! Absolutely excellent - far beyond expectations! Very peaceful place with a stunning view!
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Apr 2026
Marianka V
Gesin met klein kinders
5.0
Baie lekker! Baie lekker gebly. Lekker ruim huis met die mooiste see uitsig van die boonste verdieping. Kan nie wag om weer daar te boek nie!
Apr 2026

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Charles & Ingrid Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 83

Op LekkeSlaap 9 jaar

Antwoord gewoonlik binne 30 minute

Ligging

  • 26 Versfeld Street, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
  • Gaste dink Lugkasteel het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R3 300
per nag, vir 5 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R3 300
per nag, vir 5 mense
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R3 300
per nag, vir 5 mense
Bespreek

26 Versfeld Street, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap

Sien kaart
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Slaapplek vir 5 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00

Partner

Dié plek bied ekstra voordele aan LekkeSlaap Rewards-lede.
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAfdbd51f2c95ab159ffb9f68b0ccb90ac9b1427d84a09e0cfe6955c7588636d2ed699ff07d8f88427081852f46826746b29bc?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 300 per nag, vir 5 mense 83 5 1 5 26 Versfeld Street Yzerfontein 7351 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-21:00 10:00 -33.3511923 18.1490544
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Gasteprofiel bestaan ​​reeds

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang