Môreson
- Kapasiteit: 26 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Strydomstraat 41, Hartswater, 8570, Noord-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R770 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Ons leuse is "voel tuis" en dit is 'n egte weerspieëling van ons strewe om aan elke kliënt se vereistes te voldoen. Indien jy gerief, gehalte, aandag aan detail en waarde vir geld verlang, sal jy lank soek na beter waarde as die verblyf by Môreson Gastehuis.
Môreson is 'n gesinsvriendelike instansie. Ons vriendelike atmosfeer en diens sal jou welkom en tuis laat voel.
Ons sorg vir moeë reisigers en verseker 'n goeie nagrus. Daar is 10 kamers waarvan 1 selfsorg is met lugversorging, DStv, koffie- en teemaakgeriewe en komplimentêre Vaalharts sjerrie. Ons luisterryke tuin, ruim lapa en skitterende swembad nooi jou uit om te ontspan en jou moeë liggaam en siel weer te verfris en verkwik.
Alhoewel die gastehuis in 'n stil omgewing geleë is, sal jy gou agterkom dat Hartswater die spilpunt van die Vaalhartsvallei is. Dit is goed geleë vir beide sakereisigers of diegene wat van die volgende doendinge en besienswaardighede wil geniet: agri-toere, besoeke aan wynkelders en die Taung Erfenisgebied, vlieghengel en ander buitemuurse aktiwiteite.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete Op Versoek
- Tee
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Dataprojektor
- Internet
- Plek vir tot 20 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- American Express
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Strydomstraat 41, Hartswater, 8570, Noord-Kaap
- Gaste dink Môreson het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Hartswater Noord-Kaap
- Kapasiteit: 26 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Strydomstraat 41, Hartswater, 8570, Noord-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom