Bela-Bela Akkommodasie by Mabalingwe- Dream Of Nature | LekkeSlaap
+40
+40

Mabalingwe- Dream Of Nature

  • Vanaf R3 800 R2 850 per nag (plek vir 8)
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R516, Rooiberg, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Mabalingwe - Dream of Nature is 'n moderne selfsorg-lodge wat in die Mabalingwe Natuurreservaat, 35 km vanaf Bela-Bela geleë is. Dit is ideaal vir gaste wat op soek is na gerieflike verblyf naby verskeie wildreservate en ander besienswaardighede.

Hierdie lodge is smaakvol gemeubileer en bestaan uit 3 en suite-slaapkamers en 'n oopplan-leefarea. Die slaapkamers beskik elk oor 'n dubbelbed of 2 enkelbeddens en daar is 'n ekstra dubbelslaapbank in die leefarea, ideaal vir 2 kinders. Die kombuis is goed toegerus en het 'n yskas, oond met 'n stoof, mikrogolfoond, 'n skottelgoedwasser, wasmasjien, tuimeldroër en ander toebehore.

Die eetarea het 'n houttafel met sitplek en is langs die sitkamer wat 'n kaggel en ingeboude kroegarea het en ideaal is vir 'n lekker kuiertjie saam met geliefdes. Die lodge het ook 'n lapa met 'n braai-area, 'n vuurput en 'n swembad waar gaste kan afkoel. Die dek bied ook ongelooflike uitsigte oor die omliggende omgewing. Daar is 'n Weber beskikbaar vir reënerige dae.

Parkeerplek is onder 'n motorafdak beskikbaar en die lodge is net 'n entjie se ry van die reservaat se ontvangsarea met 'n restaurant, winkel, tennis- en muurbalbane, minigholfbaan en ander geriewe.

Slaapplek

’n Bespreking by Mabalingwe- Dream Of Nature sluit in:

Dubbelbed Dubbelslaapbank
Slaapkamer
Plek vir 8 persone
3 xDubbelbed
1 xDubbelslaapbank

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Kroeg
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Kombuisgeriewe
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem
  • Tennis

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Opsomming van Resensie

4.4 uit 5van 29 resensies vir Mabalingwe- Dream Of Nature
Netheid
4.4/5
Diens
4.3/5
Ligging
4.3/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.2/5

Ligging

  • R516, Rooiberg, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Gaste dink Mabalingwe- Dream Of Nature het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R3 800
Vanaf R2 850
per nag (plek vir 8)
was R3 800
Vanaf R2 850
per nag (plek vir 8)
was R3 800
Vanaf R2 850
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R516, Rooiberg, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGU4MzIyMTVjLWVjOWYtNDE2My1hMWYzLTNhMTc2YWQwZmY5NQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R3 800, nou Vanaf R2 850  per nag (plek vir 8) 29 5 1 5 R516 Rooiberg 0480 Limpopo 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -24.842277 28.048378
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za