Bela-Bela Akkommodasie by Mabalingwe Elephant Lodge | LekkeSlaap
+47

Mabalingwe Elephant Lodge

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres:  Mabalingwe Natuurreservaat, R516, Bela-Bela, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R950 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Mabalingwe Elephant Lodge is in die Mabalingwe Natuurreservaat in Bela-Bela, Limpopo geleë. Dit is die tuiste van die Groot 5. Die lodge is sowat 1 uur se ry vanaf Pretoria en is ideaal vir ’n naweekwegbreek uit die besige stad.

Dié verblyf het 2 aparte eenhede, 260 A en B. Albei eenhede is oopplan en selfsorg, en bied slaapplek aan 2 gaste elk. Daar is ’n slaaparea met 2 enkelbeddens in elke eenheid, ’n en suite-badkamer met ’n stort-oor-bad, toilet en wasbak en ’n leefarea met ’n slaapbank en ’n TV. Daar is 'n HD dekodeerder met slegs 'n paar kanale.
Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring.

Die kombuisie is toegerus met ’n tweeplaatstoof, ’n mikrogolfoond, yskas, koffie-en teemaakgeriewe, eetgerei en breekware.

Die chalets het elk hul eie aparte, privaat boma.

Mabalingwe Elephant Lodge is stapafstand vanaf die ontspanningsgeriewe soos die tennis- en muurbalbaan, mini-gholfbaan, swembaddens, winkel en ’n speelarea vir kinders. Dit is slegs ’n rit weg van die restaurant en kroeg af. Daar is oorgenoeg doendinge in die omgewing, soos wildritte, voëlkyk-ritte, die voer van leeus en perdry-safari's. Daar is koue en verhitte swembaddens op die perseel.

Mabalingwe spog met sy eie boskroeg genaamd Kalahari Oasis en dit is ’n heerlike plek waar jy ’n koue drankie kan geniet.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Kroeg
  • Spa-behandelinge
  • Swembad
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Restaurant op Perseel
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Perdry
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem
  • Tennis

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Dataprojektor
  • Witborde

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 34 resensies vir Mabalingwe Elephant Lodge
Netheid
4.4/5
Diens
4.3/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.4/5

Ligging

  • Mabalingwe Natuurreservaat, R516, Bela-Bela, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Gaste dink Mabalingwe Elephant Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R950
per nag (plek vir 2)
Vanaf R950
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres:  Mabalingwe Natuurreservaat, R516, Bela-Bela, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb68a3ca63bb274dd30d3ac0016eb820db31ea202c52e8a6b3d9a1304ccaacb18c985023d31bdb16bc8cc6382244e663ec7c6?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R950  per nag (plek vir 2) 34 5 1 5 Mabalingwe Nature Reserve R516, Bela-Bela 0480 Limpopo 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -24.822157740712 28.062489263907
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za