Mackaya Bella Gastehuis

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Mackaya Bella is 'n stylvolle gastehuis in Glenwood, Durban. Dié gastehuis is welbekend vir sy inheemse tuin, hartlike gasvryheid, gerieflike kamers en smaaklike ontbyt.

Die gastehuis is vernoem na die Mackaya Bella-inheemse struik en die naam reflekteer die omgewingsvriendelike manier waarop ons besigheid doen. Ons bied aan besoekers 'n rustige en stil omgewing om in te werk of ontspan.

Ons het 6 moderne en suite-kamers asook 'n ruim gesinskamer. Gaste geniet onafhanklikheid tydens hul verblyf, asook goeie en vriendelike diens. Daar is ook 2 aparte sakpaskamers vir enkelreisigers met 'n beperkte begroting. 'n Buffetontbyt is ingesluit.

Elke kamer het werkspasie, WiFi, 'n gasteskinkbord en yskassie. Ons het dubbelkamers, kamers met 2 enkelbeddens of enkelkamers beskikbaar. 'n Heerlike gekookte ontbyt word daagliks voorberei en aandetes kan op aanvraag gereël word. Ander geriewe sluit parkeerplek op die perseel en wasgoeddienste teen 'n ekstra koste in.

Die Glenwood-woonbuurt het talryke restaurante, kunsgalerye, koffiewinkels en boetieks. Dit is ook naby die Howard College-kampus van die Universiteit van KwaZulu-Natal, die Nelson Mandela Mediese Skool, baie hospitale (Inkosi Albert Luthuli, Westville, Entabeni en St Augustine's), die sentrale sakegebied, die Internasionale Konferensiesentrum en die Moses Mabhida-sokkerstadion.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Portier
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Mackaya Bella Gastehuis gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R530 per nag (plek vir 1)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za