Magalies Wild Game Farm

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Magalies Wild Game Farm is in die ou Magaliesburg Natuurreservaat geleë en bied 'n rustige omgewing waar gaste kan wild- en voëlkyk.

Dié privaat wildplaas bied verblyf in 'n dubbelverdieping-kothuis, 'n boskamp en 'n hutkamp. Die kothuis bied slaapplek vir 4 tot 6 gaste. Die boskamp bestaan uit 2 houthuisies met 'n daktent vir avontuurlistige tieners en dit is ideaal vir 'n regte bos-ervaring net sonkrag en gas word gebruik (daar is nie elektrisiteit nie). Sonneblom bestaan uit 2 houthuisies met al die nodige geriewe en gerieflike slaapplek vir 4 persone.

Doendinge beskikbaar op die wildplaas sluit wild- en voëlkyk, swem in die swembad in die bos met ’n pragtige uitsig, trampolien, wildritte, bergfietsroetes en staproetes in. Daar is ook lieflike plekke vanwaar die sonsondergange geniet kan word. Die volgende wildsoorte is te sien op die plaas: blesbokke, impalas, koedoes, hartebeeste, sebras, volstruise, duikers, vlakvarke, ystervarke, ratels, tierboskatte en jakkalse.

Ons is gerieflik geleë vir daguitstappies na Maropeng, Pilansberg, Rhino and Lion Park, Sterkfonteingrotte, Hartbeespoortdam en Rustenburg. Daar is baie oulike winkeltjies en restaurante in Magaliesburg.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Baarshengel
  •  Groot 5
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Magalies Wild Game Farm gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R880 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za