Magorgor Safari Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 25 % af

Kry 25% af vir verblyf wat 15 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Beskrywing

Magorgor Safari Lodge bied oornag- en vakansie-akkommodasie op 'n plaas in die Limpopo-provinsie, 16 km suid van Musina (Messina) en 2 km van die N1 af. Dit bestaan uit gerieflike, netjiese en bekostigbare selfsorgverblyf in 'n rustige omgewing. Daar is 'n groot grasdak-lapa met volledige DStv, 'n swembad, braaigeriewe en 'n ten volle toegeruste gemeenskaplike kombuis vir tot 30 gaste. Voortdurende opruim, skoonmaak en was van skottelgoed deur die dag is ingesluit, sowel as oor naweke.

Let op: Indien die plek vir groepe, meer aande en/of oor naweke bespreek word sal dit eksklusief aan die spesifieke groep beskikbaar wees, al beset u nie al die kamers nie. Uitstekend vir familie saamtrekke, vriende groepe en gesinne. Goeie afslag afhangend van aantal persone en nagte kan toegestaan word.

Skilderagtige staproetes met verskeie uitkykpunte bied pragtige uitsigte oor die bosveld. 'n Verskeidenheid wild, voëls en plante is hier te siene. Ons is baie sentraal geleë in hierdie streek wat daguitstappies in alle rigtings na verskeie besienswaardighede, byvoorbeeld Mapungubwe, Krugerwildtuin, Venda, ensovoorts, moontlik maak. Messina Golfklub bestaan uit 'n baie mooi en unieke golfbaan teen baie bekostigbare tariewe.

Dit is ook 'n ideale oornagplek voor ingang of na uitgang van Zimbabwe via Beitbrug (35 km). Dit is ook net ver genoeg weg van die besige grensdorp Musina (18 km) vir 'n welverdiende ruskans. Jy is welkom om vir net 1 nag hier te bly indien jy op pad is iewers heen, maar ons stel voor dat jy vir meer nagte bly teen boonop 'n afslagtarief om hierdie interessante streek te verken of om net te rus en te ontspan. Watter opsie jy ook al verkies, weet net dat jy meer as welkom is.

Let asseblief daarop dat ons geen kredietkaartgeriewe het nie en dat betalings van die balans, indien enige, per EFT voor arrivering of in kontant met arrivering moet geskied.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  DVD-speler
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Televisie
  •  Videospeler
  •  Plek vir tot 30 afgevaardigdes

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Magorgor Safari Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R640 R480 per nag (vir 2 mense)

Kry 25% af vir verblyf wat 15 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false