Makweti Safari Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Makweti Safari Lodge is voorwaar 'n ervaring vir menige wildliefhebber. Die eras van Livingstone en Hemingway is met 'n Afrika-tema gekombineer om verblyf te skep wat modern sowel as omgewingsvriendelik is. Hierdie lodge skuil in die Welgevonden-wildreservaat, 'n 40 000 hektaar malaria-vrye wildernis.

Ons landskap bied 'n tuiste aan die Groot 5. Aangesien Makweti geen heinings het nie, dwaal wilde diere, soos die Groot 5, sebras en blouwildebeeste vrylik hier rond. Diere kom gereeld lafenis soek by die watergat wat net sowat 70 m van ons uitsig-dek af is. Makweti se luukse suites en eetkamer is net duskant dié watergat geleë en bied panoramiese uitsigte oor die vallei en blou heuwels in die agtergrond.

Die lodge bied slaapplek aan 10 gaste en daar is 5 luukse suites wat lieflik met ons safari-landskap saamsmelt. Die suites bied ongelooflike uitsigte en is ideaal vir 'n romantiese wegbreek. Vir dié wat 'n meer gemeenskaplike atmosfeer soek is die lodge se hoof-sitkamer, kroeg, swembad en uitkykdek net 'n minuut se stap ver.

Elke maaltyd by Makweti is elegant, outentiek en 'n ervaring wat jou lank sal bybly. Ons fynproewerdisse is deur Afrika-temas geïnspireer en maak gebruik van plaaslike bestanddele en Suid-Afrika se beste wyne. Aandete word gewoonlik by kerslig in die eetkamer bedien. Op wolklose aande kan dit egter ook in die boma buite langs die vuur geniet word sodat jy die sterrehemel kan waardeer.

Makweti het ervare gidse wat gaste sal bekend stel aan die wilde diere en die Afrika-stamkennis wat met die omgewing vervleg is. Safari's vind gewoonlik in 'n oop voertuig plaas, maar hiér kan ons enige safari, ook stap-safari's, na gelang van gaste se behoeftes aanpas.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie

Aktiwiteite op perseel

  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte Ingesluit
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Middagete
  •  Tee
  •  Alle Etes Ingesluit

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Makweti Safari Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R13 000 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false