Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Mamba Bush House

Selfsorg
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mambastraat 2135, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 500 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Mamba Bush House is 'n moderne en gerieflike selfsorghuis vol luukse afwerkings in Marlothpark. Marlothpark is 'n wildbewaringsgebied en vakansiedorp teen die suidelike grens van die Krugerwildtuin. Marlothpark het sy eie wildspesies wat vrylik tussen die huise rondloop en gaste sal hulle gereeld sommer op die drumpel gewaar. Gaste sal koedoes, sebras, kameelperde, blouwildebeeste, njalas, rooibokke, vlakvarke en talle ander spesies sien. Buiten die wild het Marlothpark ook pragtige plantegroei. Daar is ook 'n verskeidenheid restaurante en 2 winkels waar selfsorggaste hul benodigdhede kan aanskaf. Marlothpark het ook al die basiese geriewe soos 'n hardewarewinkel, snuisterywinkel, slaghuis, drankwinkel en meer.

Die huis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Daar is lugversorging. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort, wat dit gerieflik maak vir mammas met kleuters. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Hierdie twee slaapkamers deel 'n badkamer met 'n stort, toilet en wasbak.

Die kombuis is goed toegerus met 'n stoof, oond, mikrogolf, ketel, broodrooster en opwasarea met 'n diepvrieskas, yskas, skottelgoedwasser en wasmasjien. Die sitarea het 'n platskerm-TV en 'n gemaklike slaapbank wat slaapplek bied aan 2 addisionele gaste.

Skuifdeure lei na 'n onderdakstoep met 'n piekniekbankie. Daar is ook 'n skitterende swembad en 'n groot boma met 'n vuurput. Die kuierarea is privaat en bied 'n uitsig oor die park wat 'n ware bosveld-ervaring verseker. 'n Vakansie in Mamba Bush House is onvergeetlik en die omgewing laat gaste toe om baie diere te sien.

Aktiwiteite in en om die park sluit 'n bosontbyt, wildritte in Marlothpark en Leeuspruit sowel as die Krugerwildtuin in, asook nagritte in die Krugerwildtuin, tiervisvang in Komatipoort, vierwielmotorfietsritte, bergfietsroetes, restaurante, perdry en meer. Gaste kan ook reël om 'n potjie gholf te speel binne die Krugerwildtuin by Skukuza. Tussen Malelane en Komatipoort is daar 2 ingangshekke wat gaste kan gebruik om die Krugerwildtuin binne te gaan.

Slaapplek

’n Bespreking by Mamba Bush House sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Dubbelslaapbank
Area 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelslaapbank

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Wildkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 7 resensies vir Mamba Bush House
Netheid
5.0/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.3/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.4/5

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

4.5/5

Lynica Geverifieer

Eiendomme 5

Resensies 74

Jaar gelys 5

Ligging

  • Mambastraat 2135, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
  • Gaste dink Mamba Bush House het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 500
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R2 500
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mambastraat 2135, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA3802f5b0e4f582f0d0048b6831cf50af150b2019a791977a402ff947a7804c8baf406b627bf206c6d1935f9ce46006e938df?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 500 per nag (plek vir 8) 7 5 1 5 2135 Mamba Street Marloth Park 1321 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.3416753 31.7745196
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem