Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Manzi Maningi

  • Kapasiteit: 50 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: Plaas 223 Elba, Langs die R511, Brits, 0250, Noordwes
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R750 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Manzi Maningi is die ideale wegbreekplek vir jou en jou gesin en bied gemaklike selfsorg-akkommodasie in 'n chalet of op kampeer- of karavaanstaanplekke. Dit is net 30 minute se ry van Pretoria af. Manzi Maningi Private Game Lodge gee gaste die geleentheid om gerieflik te ontspan en die natuur om hulle te geniet,

Manzi Maningi Private Game Lodge bied akkommodasie in 14 selfsorg-chalets en 80 kampeer- of karavaanstaanplekke met elektrisiteit. Elke chalet is volledig gemeubileer met alles wat nodig is vir 'n selfsorgvakansie, insluitend 'n gasstoof, yskas, mikrogolf en 'n ketel. Die chalets is ook toegerus met plafonwaaiers en 'n alarmstelsel wat jou veilig sal hou. Die chalets het ook hulle eie privaat boma en 'n vuurherd wat jou gedurende koue wintersnagte warm sal hou om 'n salige bosvuurtjie.

Die lodge het binnenshuise en buitemuurse swembaddens, 'n kinderspeelpark met 'n klimraam, trampoliens, 'n vlugbalbaan, swingball en basketbal. Die kroeg op die perseel is ten volle gelisensieer en het 'n grootskerm TV, pooltafels en veerpyltjieborde, en 'n buite-braai en boma-area.

Oggend- en aandwildritte saam met ervare wildbewaarders is beskikbaar. Jy sal moontlik swartwitpense, njalas, rooibokke, kameelperde, sebras, koedoes, wildebeeste, en waterbokke asook 'n magdom van voëls gewaar. Daar is baie staproetes om te verken rondom die lodge. Vang-en-laat-vry-visvang word by die hoofdam toegelaat wat ook toevallig die hoofwatergat vir ons rooibokke, blesbokke, Livingstone-eland, en kameelperde is.

Of julle 'n romantiese paartjie is wat opsoek is na 'n eksklusiewe, romantiese, privaat safari, deel van 'n gesin is wat jou kinders wil besig hou, of 'n groep met diverse behoeftes is, is Manzi Maningi Private Game die ideale keuse. Sluit by ons aan in 'n omgewing waar bewaring daagliks ons top-prioriteit is.

Opsomming van Resensie

4.3 uit 5van 68 resensies vir Manzi Maningi
Netheid
4.4/5
Diens
4.1/5
Ligging
4.2/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
4.3/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.2/5

Walter Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 68

Jaar gelys 8

Ligging

  • Plaas 223 Elba, Langs die R511, Brits, 0250, Noordwes
  • Gaste dink Manzi Maningi het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Bojanala Noordwes
Vanaf
Vanaf R750
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R750
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 50 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: Plaas 223 Elba, Langs die R511, Brits, 0250, Noordwes
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA179e7cf57061ac7f72e79d670cdd66ce9f0a341b4a81f75b6d73b4615b5e9b7694c33801fb8d6cafe28306186231bdac7aa8?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R750 per nag (plek vir 4) 68 5 1 5 Farm 223 Elba Off the R511 0250 Noordwes 021 201 8901 14:00-19:00 12:00 -25.428321919454 27.759380375957
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem