Maribeau Vakansiehuis
Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 29 Apr 2024 tot 30 Jun 2024.
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Von Baumbach-laan 385, Glenmore, Port Edward, 4278, KwaZulu-Natal
-
Vanaf
R270R243 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Maribeau is in Port Edward, KwaZulu-Natal geleë. Hierdie instansie is net 1 km van Munster Beach af waar gaste die vars seelug kan geniet.
Die verblyf is selfsorg en geen handdoeke, skoonmaakmiddels, swartsakke of toiletpapier word voorsien nie.
Verblyf bestaan uit 2 eenhede wat geskik is om tot 8 gaste te akkommodeer. Die eenhede wat aangebied word, sluit die Hoofhuis en die Ateljee in. Die Hoofhuis is geskik vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 1 badkamer. Slaapkamer 1 beskik oor 'n koningingrootte-bed, slaapkamer 2 beskik oor 2 enkelbeddens, en slaapkamer 3 beskik oor 'n dubbelbed. Al 3 slaapkamers maak gebruik van 1 badkamer met 'n bad en 'n stort-oor-bad. Ander geriewe in die kamer sluit 'n volledig toegeruste kombuis, sitarea, eetarea, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n TV met DStv en Openview in. Gratis WiFi word ook voorsien.
Die Ateljee is geskik vir 2 gaste en is toegerus met 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Ander geriewe in die kamer sluit 'n kombuisie met 'n yskas en mikrogolf en tweeplaatstoof vir basiese verhit-en-eetgeriewe en 'n sitarea in. Daar is ook 'n TV.
Geriewe op die perseel sluit veilige parkeerplek, 24 uur-ontvangs en 'n lughawependeldiens indien dit vooraf gereël word in. Gaste is ook welkom om die doendinge op die perseel te geniet wat voëlkyk insluit.
Aktiwiteite in die omgewing vir gaste om te geniet sluit perdry, voëlkyk, wildritte, swem, visvang, fietsry en bergfietsry in.
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Televisie
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.5/5
Marius Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 14
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Von Baumbach-laan 385, Glenmore, Port Edward, 4278, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Maribeau Vakansiehuis het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Glenmore Port Edward Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Von Baumbach-laan 385, Glenmore, Port Edward, 4278, KwaZulu-Natal