Marina Martinique 1442
- Kapasiteit: 12 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Valencia-keeromstraat 1442, Marina Martinique, Jeffreysbaai, 6332, Oos-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R7 250 per nag (plek vir 12)
Beskrywing
Marina Martinique 1442 is 'n lieflike selfsorg-vakansiehuis wat naby die water in die pragtige kompleks, Marina Martinique, geleë is. Dit is sowat 5 km vanaf Jeffreysbaai se hoofstrand en tussen Jeffreysbaai en Astonbaai geleë.
Dié dubbelverdiepinghuis het lugversorging, bied slaapplek aan 11 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 6 slaapkamers en 5 badkamers. Die hoofslaapkamer is op die boonste verdieping en het 'n ekstra lang koninggrootte-bed, lugversorging en 'n en suite-badkamer met 'n bad, dubbelstort en ondervloerse verhitting. Die tweede, derde en vierdie slaapkamers is ook op die boonste verdieping en het elk 'n koningingrootte-bed, lugversorging en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die vyfde slaapkamer het 2 enkelbeddens en die sesde slaapkamer het 1 enkelbed. Die gaste in hierdie slaapkamers deel 'n gastebadkamer met 'n bad en 'n stort.
Die kombuis is met 'n gasstoof, oond, mikrogolfoond, ketel, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware, koffiemasjien, toonbank met stoele, skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër toegerus. Die aangrensende sitarea het gemaklike rusbanke en 'n platskerm-TV met sommige DStv-kanale. Daar is ook 'n etenstafel. Die huis het 'n tweede TV-kamer met 2 slaapbanke en 'n TV. Gratis WiFi is ook beskikbaar.
Hierdie huis spog ook met 'n speletjieskamer met 'n ingeboude braai, pooltafel, tafeltennis, veerpyltjiebord, klein gimnasium en 'n kroegie met 'n TV. Die leefarea lei na 'n dek met 'n swembad, buitesitplek en 'n asemrowende uitsig oor die marina. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.
Slaapplek
’n Bespreking by Marina Martinique 1442 sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- ADSL-lyn
- Kroeg
- Swembad
- Braaiplek
- Speletjieskamer
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Gimnasium
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Internet
- Televisie
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Parkering Van Die Straat Af
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
- Toiletware
- Ondervloerse verhitting
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Waaier
- Sitkamer
- Ondervloerse verhitting
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Ligging
- Valencia-keeromstraat 1442, Marina Martinique, Jeffreysbaai, 6332, Oos-Kaap
Sien meer verblyf in Marina Martinique Jeffreysbaai Sarah Baartman-distrik Oos-Kaap
- Kapasiteit: 12 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Valencia-keeromstraat 1442, Marina Martinique, Jeffreysbaai, 6332, Oos-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom