3875 Eagle

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

3875 Eagle is 'n selfsorg-bosveldhuis in Marloth Park, Mpumalanga, net 20 km vanaf die Krugerwildtuin (die Krokodilbrug-ingang).

Hierdie dubbelverdiepinghuis is volledig toegerus om tot 6 gaste te akkommodeer ('n minimum van 2 gaste vir 'n minimumverblyftydperk van 2 aande). Die hoofslaapkamer het ’n koningingrootte-bed met 'n en suite-badkamer (bad en stort). Die slaapkamer bo het 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens asook 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die kombuis is volledig toegerus en het ’n yskas-vrieskas, ’n mikrogolfoond en ’n oond. Daar is geen TV, radio of internet nie, maar daar is wel 'n internetsein indien gaste hulle eie versender saambring.

Daar is ’n dek, ’n braai-area en ’n watergat waar wild en voëls gereeld saamdrom. Daar is ook verskeie piekniekplekke langs die Krokodilrivier waar gaste kan uitspan. Daar is 'n plonspoel beskikbaar wat gaste gerus kan vul, indien hulle daarvan gebruik wil maak. Om gesondheidsredes (stilstaande water, muskiete wat broei, ens.) hou ons dit nie gevul voor gaste se aankoms nie. Ons versoek dus dat gaste asseblief die swembadjie vul voor gebruik en dit dan asseblief weer leegmaak met vertrek, sodat die volgende gaste dit ook kan opvul indien hulle daarvan gebruik wil maak.

Die huis word skoongemaak voor gaste inklok, maar nie op 'n daaglikse basis nie.

Die huis word as 'n geheel uitverhuur aan gesinne, ongeag van hoeveel kamers bespreek word.

’n Supermark, ’n drankwinkel, ’n restaurant en ’n vulstasie is binne 5 km van die huis af.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 3875 Eagle gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R620 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false