Marloth Wild Fig
Kry 30% af vir verblyf wat 30 nagte of langer is. Geldig vir verblyf vanaf 27 Feb 2024 tot 12 Des 2024.
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Volstruisstraat 1538, Marlothpark, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R880R616 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Marloth Wild Fig bied 'n rustige toevlugsoord aan in die ongerepte bos wat Marlothpark omring. Dit is sowat 5 minute se stap deur bosveld na die Krokodilrivier wat langs die Krugerwildtuin is. Marlothpark is 'n bewarea en 'n vakansiedorp wat aan die suidelike grens van die Krugerwildtuin geleë is. Dit is 'n gewilde bestemming vir toeriste wat na die Krugerwildtuin, Swaziland en Mosambiek reis, en bied 'n kans om die befaamde Groot Vyf te besigtig.
Die huis het 'n sonkragstelsel en ervaar nie beurtkrag nie, maar as dit vir baie opeenvolgende dae bewolg is en daar is baie kragonderbrekings, word gaste sterk aangeraai om nie die lugversorging aan te skakel nie.
Die hoofhuis het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers met en suite-badkamers, 'n goed toegeruste kombuis, leefarea en 'n derde buitestort. Daar is ook 'n gemaklike rusbank is in die leefarea.
Die ateljeewoonstel is geskik vir 2 gaste en beskik oor 'n badkamer en 'n oopplan-kombuisie met 'n skottelgoedwasser wat na die leefarea lei. 'n Koninggrootte-bed is beskikbaar en daar is ook 'n oopvou-rusbank.
Albei eenhede het 'n platskerm-TV met n "smart device" waarop jy kan inteken op jou eie Netflix of DStv rekening, asook YouTube kyk met die gratis, onbeperkte WiFi. Albei het 'n private braai-areas. Lugversorging is op 'n voorafbetaalde basis beskikbaar.
Doendinge in die omgewing sluit wildritte, wildbesigtigings, voëlkyk, 4x4-roetes en voetslaan in die omgewing in. Gaste kan wandel of fietsry langs die grens van die Krugerwildtuin en Krokodilbrug is sowat 15 minute se ry vanaf die eiendom en is die naaste ingang tot in die Krugerwildtuin.
Daar is 2 klein winkelsentrums in Marlothpark en heelwat restaurante, asook 2 gemeenskaplike swembaddens sowat 3 km vanaf die eiendom. Een van hierdie swembadgeriewe is ’n waterpark met swembaddens, glybane en ’n putt-putt baan.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Persoonlike Kluis
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Wildkyk
Aktiwiteite Naby
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Internet
- Televisie
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.7/5
Mariette Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 33
Jaar gelys 4
Ligging
- Volstruisstraat 1538, Marlothpark, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
- Gaste dink Marloth Wild Fig het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Marlothpark Nasionale Krugerwildtuin Suid Mpumalanga
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Volstruisstraat 1538, Marlothpark, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
- Alle ouderdomme is welkom