Marlothii Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Marlothii Lodge is op die R521 tussen Polokwane en Dendron geleë. Kom ervaar die stilte en rustigheid van die Bosveld saam met jou familie.

Die lodge bied gehalteverblyf in 'n verskeidenheid kamersoorte wat in elke gas se behoeftes sal voorsien. Al die eenhede het hul eie en suite-badkamers. Gemeenskaplike geriewe sluit 'n plonspoel in waar gaste in die somer kan afkoel en daar is ook 'n boma-braaiplek waar jy onder die sterrehemel kan kuier. Daar is nie enige selfsorg-geriewe nie, maar tuisgemaakte maaltye kan bespreek word. Ontbyt word by die prys ingesluit. Daar is ook karavaanstaanplekke vir 4 karavane met kragvoorsiening. Marlothii Lodge het 'n volledige dranklisensie.

'n Paar van die doendinge wat jy op die plaas kan geniet, sluit voëlkyk, bergfietsry en voetslaan in of jy kan net luilekker om die vuur kuier. 'n Afslagtarief is van toepassing op langer verblyftydperke waar die hele lodge bespreek word. Daar is ook 'n klein venue beskikbaar vir 'n maksimum van 50 gaste, asook konferensiegeriewe vir 'n maksimum van 30 mense.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Restaurant op Perseel
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Xhosa

Konferensiegeriewe

  •  Dataprojektor
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Plek vir tot 30 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Marlothii Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R900 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false