Marlu Farm Stay

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Marlu Farm Stay is aan die voorheuwels van die Grootrivierberge naby aan Steytlerville in die Oos-Kaap geleë. Die Grootrivier loop deur die plaas. Marlu is ideaal geleë vir pa- en seun-wegbreke of spanbounaweke vir besighede en skole.

Daar is 'n verskeidenheid akkommodasie-opsies en doendinge op die plaas. Jy kan kies tussen B&B-, selfsorg- en kampeerverblyf na gelang van jou voorkeure. Die netjiese en praktiese geriewe bied 'n gehalte plaasverblyf-ervaring teen bekostigbare tariewe.

Die privaat wild-kampeerterrein is uniek siende dat slegs een bespreking op 'n slag toegelaat word. Hierdie kampeerterrein word op 'n eerste gesien, eerste bedien-basis bespreek, ongeag die grootte van die groep. Dit verseker dat die groep al die stilte, ruimte en rustigheid kan ervaar. Daar is nie misdaad in die area nie en die paaie is veilig.

Ons driegang-aandete is ook beskikbaar vir alle selfsorg- en kampeergaste. Daar is 'n spyskaart beskikbaar indien jy sou belangstel. Alle maaltye is tuisgemaak en word voorberei deur jou gasheer en -vrou, Martin en Lucia. Maaltye word by die hoofhuis bedien. 'n Kontantkroeg is ook beskikbaar (slegs met aandete). Dis noodsaaklik om vooruit te bespreek. Ons bedien ook ontbyt. Ingemaakte produkte, braaipakkies en gebak kan ook vooruit bestel word.

Ons is gerieflik geleë halfpad tussen Steytlerville en Willowmore, net 7 km van die R329 af met maklike toegang vir sedanmotors. Die plaas is omtrent dieselfde afstand van Port Elizabeth, Jeffreysbaai, Knysna, Oudtshoorn, Beaufort-Wes en Graaff-Reinet af geleë. Dus is dit die ideale basis vanwaar die skatte van die Baviaans-streek van die Karoo verken kan word.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Marlu Farm Stay gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R425 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za