LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Mashudu Private Game Lodge | LekkeSlaap
+137

Mashudu Private Game Lodge

Weeksdagaanbod 30% af

Kry 30% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 13 Feb 2022 tot 28 Feb 2022.

  • Kapasiteit: 44 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die R33, Vaalwater, 0530, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R950 R665 per nag(plek vir 4)

Beskrywing

Mashudu Private Game Lodge is 45 km vanaf Nylstroom en is ideaal vir 'n troue, konferensie, 'n naweek of 'n wegbreek in die middel van die week.

Dié lodge bied verblyf in 'n bos-tent of 'n kamer. 'n Yskassie, tee- en koffiemaakgeriewe en badhanddoeke (slegs in die kamers) word voorsien, maar gaste moet asb. hulle eie swemhanddoeke saambring. Gaste wat in die tente bespreek, moet hul eie badhanddoeke en swemhanddoeke saambring.

Elke kamer bied slaapplek vir 2, het 'n dubbelbed of 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie. Rook is streng verbode in die kamers.

Die tente is in die bosveld en bied elk slaapplek aan 4 tot 6 persone. Tente beskik oor 'n dubbelbed, 2 enkelbeddens of 2 stapelbeddens en het 'n en suite-badkamer met 'n stort. Tente het 'n privaat boma en toegeruste kombuis (geen mikrogolf nie), maar indien groepe bespreek, kan die gemeenskaplike boma en kombuis gebruik word. Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie. Rook is streng verbode in die tente.

Neem kennis dat 'n tent met 4 beddens slegs vir 4 volwassenes geskik is, en die tente met 6 beddens slegs vir 4 volwassenes en 2 kinders jonger as 18 jaar geskik is, indien daar meer as 4 volwassenes is, moet 'n addisionele tent bespreek word. Lig asb. die lodge in van die aantal volwassenes sowel as aantal kinders en hul ouderdomme met die bespreking.

Mashudu Private Game Lodge het 'n geskenkwinkeltjie en 'n kroeg. Die lodge het 'n gemeenskaplike swembad en 'n speelarea vir kinders. 'n Pragtige lower groen grasperk met 'n swembad is by die bostent kamp geleë. Doendinge sluit 4x4-wildritte, voëlkyk, stap- en fietsryroetes, voetslaan en motorfietsry in die veld in. Rook is verbode in die kamers en tente. Fietse is te huur by ontvangs. Die restaurant kan op versoek vir konferensies, troues en groot groepbesprekings gebruik word.

Die pad na die lodge is 'n teerpad, maar na die tentekampplek is dit 'n klipperige pad. Gewone karre kan die pad ry, maar net stadig.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Skoonheidskliniek
  • Spa-behandelinge
  • Swembad
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Restaurant op Perseel
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Groot 5

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Aandete Op Versoek
  • Middagete
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Piekniek-middagete
  • Tee
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Wegbreekkamers
  • Dataprojektor
  • Blaaibord
  • Witborde
  • Skootrekenaar-projektor
  • Kantoorgeriewe
  • Sekretariële Geriewe
  • Televisie
  • Plek vir tot 10 afgevaardigdes
  • Plek vir tot 20 afgevaardigdes
  • Plek vir tot 30 afgevaardigdes
  • Plek vir tot 50 afgevaardigdes
  • Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 7 resensies vir Mashudu Private Game Lodge
Netheid
4.1/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • Langs die R33, Vaalwater, 0530, Limpopo
  • Gaste dink Mashudu Private Game Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R950
R950 R665
per nag (plek vir 4)
Vanaf R950
R950 R665
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 44 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die R33, Vaalwater, 0530, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAe3B3C1rLfzfcF2KTRcSuRMWIHIJkm38hbz8xBbuujp6A2bue1b?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R950, nou Vanaf R665  per nag(plek vir 4) 7 5 1 5 Off the R33 Vaalwater 0530 Limpopo 086 999 0018 14:00-16:00 10:00 -24.381269131901 28.138883113861
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!