Loskopvallei Akkommodasie by Matombu, A Forever Lodge | LekkeSlaap
+20
+20

Matombu, A Forever Lodge

Selfsorg
  • Vanaf R7 577 per nag (plek vir 14)
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Kranspoort Bergpas, Middelburg, 1050, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Matombu, A Forever Lodge is 'n 5-ster-lodge in die Kranspoortpas, 35 km noord van Middelburg in Mpumalanga. Dit is ideaal vir 'n groot gesin of 'n groep vriende wat op soek is na vrede, sjiek Afrika-dekor, panoramiese uitsigte en wild.

Die lodge het 5 slaapkamers en 3 en suite-badkamers. Elke kamer is volledig gemeubileer en beskik oor lugversorging. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed, 2 van die ander kamers het koningingrootte-beddens en en suite-badkamers met bad en stort (of net een van die twee), wasbak en toilet. Die vierde slaapkamer het ’n koningingrootte-bed en deel ’n badkamer met die vyfde kamer. Die vyfde kamer het 3 stapelbeddens wat geskik is vir 6 kinders, maar volwassenes kan ook daarop slaap. Die lodge word daagliks skoongemaak.

Die oopplan-sitkamer en -eetkamer is redelik ruim en het gerieflike meubels, ’n kaggel en reuse vensters met uitsigte oor die omgewing. Die moderne kombuis is toegerus met 'n dubbeldeur-yskas, mikrogolf, oond met stoof, ander toebehore, genoeg ingeboude kaste, eetgerei en breekware.

Matombu het ook 'n TV met sekere DStv-kanale, 'n kroeg-area, 'n heerlike swembad en 'n boma met braaigeriewe.

Veilige parkeerplek is beskikbaar. Verskeie wild en 'n witbobbejaan word so nou en dan in die omgewing gewaar.

Slaapplek

’n Bespreking by Matombu, A Forever Lodge sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Stapelbed
Slaapkamer 5
Plek vir 6 persone
3 xStapelbed

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Wildkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 3 resensies vir Matombu, A Forever Lodge
Netheid
4.7/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.3/5

Ligging

  • Kranspoort Bergpas, Middelburg, 1050, Mpumalanga
  • Gaste dink Matombu, A Forever Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R7 577
per nag (plek vir 14)

Sien meer verblyf in

Loskopvallei Mpumalanga
Vanaf R7 577
per nag (plek vir 14)
Vanaf R7 577
per nag (plek vir 14)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Kranspoort Bergpas, Middelburg, 1050, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA5GIYT6oNnFHZE60f7Iuug0s7x2kbocpg057J77tyaRlG6gVaAD?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R7 577  per nag (plek vir 14) 3 5 1 5 Kranspoort Mountain Pass Middelburg 1050 Mpumalanga 086 999 0018 15:00-20:00 11:00 -25.467739821004 29.429875910282
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za