Grootvalleij Plaas Akkommodasie - Blommehuisie
- Kapasiteit: 2 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Grootvalleijplaas, Kamieskroon, 8241, Noord-Kaap
- Geen kinders onder 18
- Vanaf R800 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Grootvalleij Plaas Akkommodasie - Blommehuisie is 18 km wes van Kamieskroon op die plaas Grootvallei geleë en dis op die roete na Soebatsfontein en Hondeklipbaai. Dus is dit die ideale basis vanwaar die hele streek van berg tot kus verken kan word. Dit moet egter nie met die Kliphuisie Cottage verwar word nie. Die romantiese Blommehuisie sluit perkallinne en handdoeke in. Hierdie klein kothuis, wat net 20 m² groot is, sal jou nie pas indien jy op soek is na al die tierlantyntjies en luukshede wat die stad bied nie, maar dis perfek vir natuurliefhebbers.
Die Blommehuisie is met 'n dubbelbed ingerig en dit beskik oor 'n en suite-badkamer met stort. Die kothuis het nie elektrisiteit nie, maar gas word vir verhitting en kosmaak gebruik. Die kombuis is toegerus met 'n gasstoof, gas-yskas, eetgerei en breekware en gaste kan hul maaltye by die eetkamertafel geniet. Die kothuis het ook 'n knus kaggel en 'n boma buite.
Grootvalleij Farm Accommodation bied gaste 'n kans om totale privaatheid en van die mees asemrowende veldblomme in die area te geniet.
Slaapplek
’n Bespreking by Grootvalleij Plaas Akkommodasie - Blommehuisie sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
Badkamer
- En-suite
- Stort
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.7/5
Esmi Geverifieer
Eiendomme 4
Resensies 110
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- Grootvalleijplaas, Kamieskroon, 8241, Noord-Kaap
- Gaste dink Grootvalleij Plaas Akkommodasie - Blommehuisie het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Namakwaland Noord-Kaap
- Kapasiteit: 2 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Grootvalleijplaas, Kamieskroon, 8241, Noord-Kaap
- Geen kinders onder 18