Meraki Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Meraki Cottage is in die Matjiesriviervallei aan die voet van die Swartberg geleë. Die te volle toegeruste plaashuis is binne bereik van restaurante en verskeie doendinge vir gaste om te geniet.

Die huis het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die tweede badkamer et 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Linne en handdoeke word aan gaste voorsien.

Die kombuis is toegerus met 'n tweeplaatstofie en klein oond, 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe, Daar is 'n eetkamer met oorgenoeg sitplek vir gaste om hul maaltye saam te geniet.

Die sitkamer het gemaklike banke en bied toegang tot die ruim patio met buitemeubels en braaigeriewe. Dit spog ook met 'n pragtige uitsig oor die Swartberg en in die aand kan gaste die sterrenag bewonder.

Daar is verskeie doendinge in die omgewing soos 'n besoek aan die Kango Grotte en Wilgewandel Vakansieplaas. Gamkaskloof en Prince Albert is ook heerlike uitstappies op die Swartbergpas. Daar is 'n pragtige pad wat langs die Swartberg loop en lei tot verskeie wildsplase, die pragtige Kruisrivier met sy kunsgalery en die Rooiberg in Calitzdorp met die gat in die muur.

Dit sneeu gereeld op die berge in die winter, wat die ou houtstoof die hartjie van die huis maak.

Daar is geen TV of WiFi. Selfoonontvangs is beskikbaar, asook boeke en bordspeletjies.

Neem asb. kennis dat daar geen winkels in die onmiddellike omgewing is nie en gaste moet voorraad aankoop voordat hulle by die bestemming aankom.

Slaapplek

'n Bespreking by Meraki Cottage sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Meraki Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 500 per nag (vir 6 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false