M'Geni River Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

m'Geni River Cottage is in Albert Falls langs die Umgeni-rivier geleë. Dié dorp lê op die oewer van die Albert Falls-dam en -wildreservaat, sowat 25 km noord van Pietermaritzburg. Die kothuis kyk uit oor 'n groot grasperk met bome wat heerlike koelte in die somermaande bied, en 'n Jacuzzi vanwaar gaste die volop voëllewe kan geniet.

Dié kothuis het 2 slaapkamers met slaapplek vir 4 gaste en 1 badkamer. Elke slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die badkamer het 'n bad en stort. Linne, handdoeke en seep word voorsien.

m'Geni River Cottage het 'n kombuis, 'n sitkamer en 'n eetarea. Die kombuis is goed toegerus met 'n stoof, 'n oond, 'n yskas-vrieskas, 'n mikrogolfoond en koffie- en teemaakgeriewe. Die sitkamer het gemaklike sitplek en 'n kaggel. Parkeerplek is langs die kothuis beskikbaar.

Die rivier is op gaste se drumpel en daarom is dit perfek vir kanovaart. 'n Lekker kroeg is net om die draai waar gaste ook smullekker maaltye kan nuttig.

Slaapplek

'n Bespreking by M'Geni River Cottage sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Jacuzzi
  •  Troeteldiere indien gereël

Badkamer

  •  Bad
  •  Seep

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Jacuzzi
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na M'Geni River Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 000 per nag (vir 4 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]