Mi Casa Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Mi Casa Guest House is in die hartjie van Uitenhage ongeveer 35 minute vanaf Port Elizabeth Internasionale Lughawe en die Addo-olifantpark geleë. Die gastehuis is in 2006 ontwerp en gebou en bied konferensiegeriewe wat dit ideaal maak vir korporatiewe of privaat funksies.

Verblyf word aangebied in standaard en luukse en suite-kamers. Die 'executive'-suites het aparte ingange, die luukse kamers het lugversorging, en al die kamers is met TV's met sekere DStv-kanale, linne en handdoeke en koffie- en teemaakgeriewe ingerig. WiFi is ook beskikbaar. Die gastehuis het 'n pendeldiens wat gaste vanaf en na Port Elizabeth Internasionale Lughawe vervoer. Veilige parkeerplek en wasgoedgeriewe is beskikbaar, asook ontbyt en aandete.

Konferensiepakkette is vir voldag- en halfdag-konferensies beskikbaar, asook konferensies wat alles insluit. Ander dienste sluit spyseniering vir konferensies en die huur van multimedia-toebehore, soos klank- en video-toerusting in.

Die gastehuis is ideaal vir troufoto's en wittebrood-vakansies. Besienswaardighede in die omliggende areas sluit Jeffreysbaai, Broadwalk Casino en Entertainment World in.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Witborde
  •  Televisie
  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Mi Casa Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R705 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za