Balgowan Akkommodasie by Midlands Inverness Cottages | LekkeSlaap
+81

Midlands Inverness Cottages

8 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas Inverness, Caversham Valley, Lidgetton, 3270, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 390 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Midlands Inverness Cottages bied gerieflike selfsorgverblyf op 'n werkende plaas in Caversham, 'n pragtige, stil vallei in die KwaZulu-Natalse Middellande. Die plaas is in die hartjie van die Midlands Meander, naby puik restaurante, skole, galerye en trou-venues.

Die verblyf is ideaal vir reisigers en vakansiegangers wat al die besienswaardighede in die Midlands Meander wil verken. Kom ontspan in hierdie rustige omgewing en geniet die vars, plattelandse lug en die hartlike gasvryheid

Gaste kan heerlik gaan stap in die veld tussen die perde, ons kalfies en skape ontmoet en kennis maak met die mak hoenders en hasies. Midlands Inverness Cottages is geleë op 'n heuwel met 360º-uitsigte oor die luisterryke landskap, met asemrowende sonsondergang en wonderskone woude en berge. Die wêreld hier is ongerep en beeldskoon.

Ons het 4 luukse selfsorgkothuise wat pragtig ingerig is. Elke kothuis het sy eie privaat tuin-ingang, parkeerplek en 'n pragtige uitsig oor ons wingerd en die vallei onder. Verder het elke kothuis 1 koning- of koningingrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word en ekstra matrasse of slaapbanke vir die kinders is op versoek beskikbaar. Geniet die wit perkallinne, komplimentêre sjerrie en duvets. Sagte, dik handdoeke word voorsien in die badkamers en gaste word ook bederf met komplimentêre sjampoe en seep. Verwarmers, dik duvets en kaggels is beskikbaar in meeste van die kothuise om jou warm te hou gedurende die yskoue winters. Daar is 'n waaier in elke kothuis.

Verdere geriewe sluit tee- en koffiemaakgeriewe, tuisgebakte koekies, vars vrugte, blomme in elke kamer, 'n haardroër, sjerrie, sjokolades op die kussings en ander bederfies in wat jou verblyf hier onvergeetlik sal maak. Al die kothuise het toegang tot braaigeriewe en vuurmaakhout word voorsien, maar jy moet asseblief jou eie houtskool bring.

Kenmerke

Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Forelhengel
  • Wynproe
  • Wildritte
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Tee

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 8 resensies vir Midlands Inverness Cottages
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Plaas Inverness, Caversham Valley, Lidgetton, 3270, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Midlands Inverness Cottages het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 390
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 390
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas Inverness, Caversham Valley, Lidgetton, 3270, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA1QJAG1iQOdMyRRpb6ZQ6bmq1xNXsYnk8ehQIDm5Ug0ESddaBNc?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 390  per nag (vir 2 persone) 8 5 1 5 Inverness Farm Caversham Valley 3270 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -29.419698702013 30.099148750305
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za