Midway Inn Hotel & Conference Center

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Midway Inn Hotel & Conference Center bied gerieflike akkommodasie in Middelburg, Mpumalanga. Dis ideaal vir gaste wat op soek is na 'n wegbreekplek vir ontspanning of besigheid naby aan 'n verskeidenheid geriewe.

Die akkommodasie by Midway Inn Hotel bestaan uit 96 kamers. Daar is 2-Enkelbedkamers, Dubbelkamers en Suites. Hierdie ruim eenhede is ingerig met dubbelbeddens of enkelbeddens, 'n en suite-badkamer met 'n stort en bad, wasbak en toilet. Die geriewe in die kamers sluit lugversorging, WiFi, 'n TV met sekere DStv-kanale en tee- en koffiemaakgeriewe, in.

Gaste sal kan smul aan 'n heerlike ontbyt by die restaurant op die perseel, sowel as ander watertand-etes en daar is ook 'n kroeg met 'n verskeidenheid alkoholiese drankies. Midway Inn Hotel het ook 'n groot swembad waarin gaste kan afkoel. Vir sakereisigers het die hotel 'n uitstekende konferensie-venue met plek vir 150 afgevaardigdes, 'n kragopwekker (in geval van beurtkrag) en watertoevoer.

Daar is veilige parkering vir voertuie en binne 'n paar minute se ry sal gaste 'n verskeidenheid geriewe en besienswaardighede aantref, soos winkelsentrums, hospitale, voëlkyk en visvang by natuurreservate en damme, 4x4-roetes en staproetes.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Midway Inn Hotel & Conference Center gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R874 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za