Milkwood Rest

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 20 % af

Kry 20% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Beskrywing

Milkwood Rest bied gerieflike selfsorg-verblyf in 'n lieflike en smaakvol versierde oopplan-woonstel op 'n woonerf waar die eienaars ook bly. Die eiendom is in die kusdorpie Vermont sowat 10,5 km vanaf Hermanus geleë.

Dié oopplan-woonstel beskik oor 'n dubbelbed, badkamer, kombuisie en 'n werksoppervlak met 2 stoele. Die kombuisie is met 'n yskas-vrieskas, 'n induksieplaat, potte en panne, 'n mikrogolf, breekware en eetgerei toegerus. Gaste het toegang tot hul eie semi-privaat braaiarea met 'n tafel en stoele. 'n Parkeerplek word voorsien, asook 'n basiese alarmstelsel vir binne en buite die woonstel.

Die woonstel se ligging bied toegang tot die naaste ingang van Vermont, Onrus en Sandbaai se kuspaadjie, 'n gesogte paadjie wat deur inwoners en toeriste geniet word. Van hier af kan gaste dié mooi klippieskus verken.

Slaapplek

'n Bespreking by Milkwood Rest sluit in:

1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Mikrogolfoond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Klein Kombuis

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Milkwood Rest gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R550 R440 per nag (plek vir 2)

Kry 20% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false