LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Mistique Waters | LekkeSlaap
+27

Mistique Waters

70 resensies
Gastehuis
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Esplenade-straat 10, Parys, 9585, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R800 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Mistique Waters het die ideale ligging net oorkant die oewer van die Vaalrivier in Parys. Dis stapafstand van die dorp en die Parys Golf & Country Estate af.

Mystique Waters spog met die mooiste uitsig oor die rivier, en gaste kan heerlik in een van 5 gaste-kamers. Elke kamer is elegant versier en bied 'n stil atmosfeer. Elke kamer het slaapplek vir 2 gaste, 'n koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens, 'n priaat badkamer, platskerm-TV met DStv, lugversorging en koffie- en teemaakgeriewe.

Die gastehuis skuil in 'n lieflike tuin en het 'n pragtige omgewing wat ideaal is vir wittebroodpaartjies. Veilige parkeerplek is beskikbaar en gaste het toegang tot 'n swembad en 'n lekker lapa met braaigeriewe. WiFi is in die hoofhuis beskikbaar.

Doendinge in die omgewing sluit in: riviervlotvaart, kunsvlieghengel, abseil, 4x4-roetes en staproetes, helikopter- en warmlugballonvlugte, voëlkyk en piekniek. Gaste kan ook gerus die Wêrelderfenisgebied, die Vredefortkoepel, en Parys se beroemde antiekwinkeltjies, kunsgalerye, restaurante en koffiewinkels besoek.

Let asseblief daarop dat Mystique Waters nie meer 'n kantoor het nie en selfsorg is.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Skoonheidskliniek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Rolstoelvriendelik
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Televisie
  • Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 70 resensies vir Mistique Waters
Netheid
4.8/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • Esplenade-straat 10, Parys, 9585, Vrystaat
  • Gaste dink Mistique Waters het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R800
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R800
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Esplenade-straat 10, Parys, 9585, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAa9d217b0e5addaeca452aa8a579d5ab62d86defde26204f2dc52423d0f97e9894e98153695774ef09da797bc7af94083d98f?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R800  per nag (vir 2 persone) 70 5 1 5 10 Esplenade Street Parys 9585 Vrystaat 086 999 0018 14:00-17:00 10:00 -26.895141011775 27.459703412919
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!