Pick your preferred language

English

Afrikaans

+59
Gastehuis in Beaufort-Wes

Mitat Gastehuis

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • 6 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • 48 Voortrekker Street, Beaufort West, 6970, Wes-Kaap Sien kaart

Beskrywing

Mitat Gastehuis bied oornagverblyf aan 6 gaste op die eienaar se perseel in die hartjie van Beaufort-Wes.

Kamer 1 het slaapplek vir 1 tot 2 gaste en Eenheid 2 het slaapplek vir 1 tot 4 gaste. Elke eenheid het toegang tot hul eie privaat geriewe en 'n aparte ingang.

Kamer 1 het sy eie privaat ingang, en beskik oor 'n slaapkamer met 'n koninggrootte-bed. Dit bied slaapplek aan 2 gaste. Daar is lugversorging en genoeg kasspasie vir bagasie. Die badkamer het 'n stort, bad en wasbak, en daar is 'n aparte toilet.

Die kombuisie is met 'n yskassie, mikrogolfoond, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Komplimentêre melk, suiker, tee en koffie word met aankoms voorsien. Ander geriewe in die kamer sluit 'n slim-TV met Netflix en gratis WiFi in.

'n Skuifdeur lei na 'n houtdek met 'n tafel en 2 stoele.

Eenheid 2 het slaapplek vir 1 tot 4 gaste, en word eksklusief verhuur. Dit het 'n aparte, privaat ingang. Die eenheid het 2 aparte slaapkamers wat elk 'n koningingrootte-bed het. Elke kamer het ook 'n kas, 'n slim-TV met Netflix en gratis WiFi. Die ruim badkamer het 'n stort, wasbak en aparte toilet.

Die kombuisie in die eenheid is met 'n ketel en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Komplimentêre melk, suiker, tee en koffie word met aankoms voorsien. Daar is ook 'n onderdakstoep waar opwasgeriewe, 'n yskassie en mikrogolfoond met 'n houtbankie met sitplek vir 6 beskikbaar is. Eetgerei en breekware word voorsien.

Gaste kan ook van die braaigeriewe gebruikmaak, en het toegang tot veilige parkeerplek agter 'n afstandbeheerde hek.


Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 147 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Liesl B
5.0
Aangenaam verras. Ons het as gesin van 5 met volwasse kinders gereis. Kamers was baie skoon en alles wat ons nodig gehad het, was daar. Mart het ons s...
Sien meer
Des 2025
Megan D
Saam met lewensmaat
5.0
Amazing. Would highly recommend. Amazing host and lovely stay - would highly recommend.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Des 2025
Gwen F
Besigheidsreis
5.0
Absoluut die beste gastehuis ondervinding ooit! Ons het 2 kamers bespreek vir ons vervoerspan wat vanaf Pretoria na die Kaap gereis het en weer terug....
Sien meer
Des 2025
Renier K
Saam met vriende
5.0
Awesome. The stay was great. Very clean and value for money. Thanks a lot.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Nov 2025
Anel S
Saam met lewensmaat
5.0
Ons sal definitief weer by Mitat gaan kuier en baie dankie vir jou gasvryheid. Ons het heerlik gebly. Mart het ons so tuis laat voel. Die plek is prag...
Sien meer
Okt 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Mart Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 147

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • 48 Voortrekker Street, Beaufort West, 6970, Wes-Kaap
  • Gaste dink Mitat Gastehuis het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 800
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 800
per nag, vir 2 mense
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 800
per nag, vir 2 mense
Bespreek

48 Voortrekker Street, Beaufort West, 6970, Wes-Kaap

Sien kaart
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • 6 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAef0c72e43150e8e6c001c0241216738027e90dbc5fbefbd8865e33d1888b9138e18f68f264af73edef033558367ab1401337?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R800 per nag, vir 2 mense 147 5 1 5 48 Voortrekker Street Beaufort West 6970 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-19:00 09:00 -32.352727387907 22.594653140367
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang