Mkuze Falls Private Game Reserve

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Mkuze Falls Private Game Reserve is in die hartjie van die geskiedkundige Zoeloeland in KwaZulu-Natal geleë. Dit is net een van twee privaat wildreservate in die omgewing waar jy die Groot 5 te siene kan kry - leeus, luiperds, buffels, renosters en olifante. Voëlkenners stroom hierheen om die 400 plus voëlspesies te sien.

Die chalets het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer. Ander geriewe sluit 'n yskassie, telefoon, kluis, plafonwaaier, lugversorging en muskietnette in. Die eenheid het 'n privaat uitkykdek, privaat swembadjie en buitestort.

Die Mkuze Falls Safari Suite is by die hoof-lodge geleë en het 'n ruim leefarea en slaaparea wat albei uitsigte het oor die Mkuze-rivier en waterval. Die suite is klein, maar gerieflik en het 'n goed toegeruste kombuis, en soos al die ander chalets 'n waaier, lugversorging en en suite-geriewe. Die privaat buitestort langsaan en swembadjie is ruim en privaat. Die Safari Suite het sy eie terras met 'n unieke uitsig oor die rivier.

Hierdie wildlodge, 'n privaat Groot 5-wildreservaat het 'n uitsig oor die watervalle aan die noordelike oewer van die Mkuze-rivier wat in die middel van dié 12 000 hektaar-perseel geleë is. Oggend- en aand-wildritte in oop Land Rovers met ervare gidse en spoorsnyers is beskikbaar.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Reisigerstjeks
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte Ingesluit
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Nederlands
  •  Zoeloe

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Middagete
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Mkuze Falls Private Game Reserve gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R4 700 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false