Modern Beach Apartment

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Modern Beach Apartment is 'n dubbelverdieping-strandwoonstel met asemrowende see-uitsigte vanuit die hele woonstel. Dis ideaal vir paartjies, enkelreisigers en sakereisigers.

Die eenheid is baie gewild en dit het 'n gemaklike koninggrootte-bed, 'n en suite-badkamer met 'n stort, oorgenoeg kasspasie en 'n sitarea. Die aparte leefarea het 'n TV, 'n gemaklike rusbank, eetarea en 'n kombuisie. Daar is ook 'n stoep met sitplek en braaigeriewe. Let asb. op dat daar 50 trappe is en dat dit nie geskik is vir gaste wat sukkel om te loop nie.

Kalkbaai se winkels, restaurante en hawe is 'n paar minute se stap van die woonstel af. Daar is ook doendinge soos walviskyk, wandel op die strande, branderplankry by Muizenberg se Surfers Corner en swem by Wooley's-getypoel oorkant die pad.

Besienswaardighede in die area sluit Simonstad se Boulders-strand, Kaappunt, die volstruisplaas, Imhoff Farm en Noordhoek Farm Village met restaurante, geskenkwinkels en lewendige musiek in. Daar is plaaslike markies soos die Earth Fair Market, Heritage Market, Blue Bird Garage Market wat net op Vrydae oop is en die Cape Point Vineyards Market wat net op Donderdae oop is in die area. Kalk Bay Theatre is ook ideaal vir diegene wat aandete en 'n vertoning wil geniet.

Slaapplek

'n Bespreking by Modern Beach Apartment sluit in:

1 x Koninggrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware
  •  Ondervloerse verhitting

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Kaggel
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer
  •  Ondervloerse verhitting

Konferensie geriewe

  •  Internet
  •  Televisie

Maaltye Aangebied

  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Op Die Straat

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Modern Beach Apartment gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 150 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]