MolenVliet Wine & Guest Estate

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

MolenVliet Wine & Guest Estate is 'n 4-ster-B&B wat op 'n privaat wynplaas aan die oewer van die Dwarsrivier in die Banhoekvallei in Stellenbosch geleë is. Dis ideaal vir oordeelkundige reisigers op soek na luukse akkommodasie en warm gasvryheid vir 'n sake- of plesier-wegbreek.

Die akkommodasie by MolenVliet Wine & Guest Estate bestaan uit 4 kothuise, The River Manor en The Residence. Die kothuise is ruim en pragtig ingerig. Hulle beskik elk oor 1 kamer met 'n koningingrootte-bed en 'n volle en suite-badkamer met geriewe soos lugversorging, gratis WiFi, 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale en koffie- en teemaakgeriewe met heelwat ekstra's om jou gemak en gerief te verseker.

The River Manor beskik oor dubbelkamers, elk met sy eie en suite-badkamer. Die slaapkamers is ruim, ingerig met koninggrootte-beddens en geriewe soos ondervloerse verhitting, badjaponne, 'n komplimentêre bottel wyn en ander benodigdhede.

The Residence is 'n absolute moet, dis die toonbeeld van elegansie en luuksheid. Hierdie opstal bestaan uit 4 en suite-dubbelkamers, 'n moderne sjef-kombuis en 'n privaat eetkamer wat lei na 'n veranda met sy eie swembad vir gaste se genot. 'n Butler is ook beskikbaar, sowel as al die ander luukse geriewe wat 'n mens sou verwag van so 'n huis.

MolenVliet maak ook voorsiening vir sakereisigers met verskeie funksie-, konferensie- en trougeriewe en kan tot 250 afgevaardigdes akkommodeer. Gaste kan 'n volle ontbyt op die dek geniet wat oor die berge en wingerde uitkyk of in die privaatheid van hul eie kamer. Gaste kan ook van die goeie gehalte wyne geniet wat in die landgoed se wynkelder is.

Veilige parkeerplek is beskikbaar vir voertuie en die landgoed is bekroon as 'n topbestemming met uitstekende diens en aandag aan detail. MolenVliet Wine & Guest Estate is voorwaar 'n bobaas-bestemming.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Portier
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Wynkelder
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Xhosa

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na MolenVliet Wine & Guest Estate gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 070 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false