- Kapasiteit: 96 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sub 16 van die Plaas Heartsease, Cathkin Park, 3340, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 995 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Gooderson Monks Cowl Golf Resort is 'n beeldskone oord in die Sentrale Drakensberge, omtrent 4 uur se ry van Johannesburg af en 2½ uur van Durban af. Dis in die manjifieke Champagne-vallei geleë en spog met topgehalte-diens.
Ons het 32 superieure hotelkamers met dam- of berg-uitsigte. Elke hotelkamer het 2 dubbelbeddens, lugversorging, 'n TV met DStv-kanale, 'n kroegyskassie, koffie-en teemaakgeriewe, en 'n privaat stoep. Die tweeslaapkamer-selfsorg-eenhede het elkeen slaapplek vir 6 gaste. Elke eenheid het 'n leefarea, 'n eetarea en 'n kombuis wat ten volle toegerus is. Daar is 'n patio met braaigeriewe buite.
Goodersons Monks Cowl Gholflandgoed bied 'n manjifieke rotsswembad wat afgerond word met 'n waterval-glyplek, en daar is speelplek vir die kinders met 'n klimraam, swaaie en trampoliens. Die oord het 2 tennisbane, pluimbal, vlugbal, "swing ball", visvang, bergfietsry en nog baie meer. Gaste kan ook 'n verfrissende drankie by die Rock Pool-kroeg geniet terwyl die kleintjies om die swembad baljaar.
Die Gholflandgoed het 9 putjies en 18 bowwe spog met die mooiste uitsig oor die Champagne-vallei. Die uitsig is uniek teenoor al die ander oorde in die Drakensberg en vorm deel van die sentrale berg.
Ná 'n potjie gholf kan gaste die smullekker a la carte- en kroeg-spyskaart by die Frair Tuck Pub and Restaurante op die proef stel (van 07:00 tot laat). Wees ook op die uitkyk vir ons spesiale weeklikse aanbiedinge, veral Woensdae se beesstert-aanbod. Ná aandete kom almal by die kroeg bymekaar om die dag se stories uit te ruil.
Indien jy op soek is na 'n konferensie-lokaal (medium tot klein), kan ons tot 60 konferensiegangers akkommodeer in die Maid Marion-konferensiekamer. Indien dit 'n kleiner groep en informele sessie is, kan die byeenkoms in die sake-sitkamer gehou word. 'n Verskeidenheid spanbou-aktiwiteite wat ry-afstand hiervandaan is kan vir jou gereël word.
Fantastiese doendinge wag op jou in dié geweste waaronder boomtoptoere, witwater-tjoepry, voetslaanroetes, die manjifieke roofvoëlsentrum, die Drakensberg-seunskoor en vele meer.
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Kinderoppasser Op Versoek
- Spa-behandelinge
- Swembad
- Jacuzzi
- Speletjieskamer
- Gastesitkamer
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Masseer- en Skoonheidsterapie
- Restaurant op Perseel
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Zoeloe
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete
- Middagete
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Tee
Konferensiegeriewe
- Wegbreekkamers
- Dataprojektor
- DVD-speler
- Blaaibord
- Witborde
- Skootrekenaar-projektor
- Kantoorgeriewe
- Internet
- Plek vir tot 20 afgevaardigdes
- Plek vir tot 30 afgevaardigdes
- Plek vir tot 50 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- American Express
- Diners-kaart
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.1/5
Reservations Geverifieer
Eiendomme 6
Resensies 138
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- Sub 16 van die Plaas Heartsease, Cathkin Park, 3340, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Gooderson Monks Cowl Golf Resort het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Champagne Vallei Champagne Castle Drakensberge KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 96 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sub 16 van die Plaas Heartsease, Cathkin Park, 3340, KwaZulu-Natal