Mont Blanc 24

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Mont Blanc 24 is 'n ten volle gemeubileerde woonstel in 'n veilige kompleks in Margate in die hartjie van die Hibiscuskus. Die dorp bied besoekers aan die Suidkus die ideale basis om spogstrande en KwaZulu-Natal se kus te verken. Die dorp is ook bekend vir beeldskone strande, woude en subtropiese klimaat.

Die woonstel beskik oor 3 slaapkamers en bied verblyf aan 6 gaste op 'n slag. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad. Die tweede en derde slaapkamers het elk 2 enkelbeddens. Dié 2 slaapkamers deel 'n tweede badkamer.

Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf en 'n ketel toegerus. Die oopplan-leefarea het 'n TV met sekere DStv-kanale, sitkamerstel en 'n etenstafel.

Die eenheid lei na 'n balkon met braaigeriewe en 'n see-uitsig. Die kompleks bied 'n gemeenskaplike swembad en wasgeriewe wat met munte werk.

Margate se warm Indiese Oseaan maak dit ideaal vir snorkel en duik en daar is ook verskeie seelewe. Ander doendinge in die area sluit branderplankry, seilvaart, kanovaart, waterski en wildkyk in.

Slaapplek

'n Bespreking by Mont Blanc 24 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Mont Blanc 24 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R610 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false