Mont Rouge Cottages
- Kapasiteit: 23 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sterkstroomweg, Tulbagh, 6820, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 600 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Mont Rouge is 'n natuurjuweel en net 120 km buite Kaapstad in Tulbagh geleë met sy ryk Kaap-Hollandse erfenis. Die rustigheid en skoonheid van die omgewing waarborg 'n onvergeetlike tyd.
Ons selfsorgkothuise langs die rivier is bekostigbaar, ruim, volledig toegerus en spog met asemrowende uitsigte op die berge. Elke kothuis is prakties ontwerp en smaakvol ingerig. Beddegoed, handdoeke, oggendtee,- koffie, suiker en melk word voorsien.
Gaste kan die natuurlike rotspoel benut om in die somer af te koel. Daar is ook 'n buitebraai-area en groot patio's omring deur bome, wat gaste kan geniet. Hout kan voorsien word, mits vooraf reëlings getref is.
Dié familieplaas is al vir drie generasies in die Du Plessis-familie se besit. Die plaas is oorgedra van pa tot seun, en ons is bevoorreg om in hierdie asemrowende omgewing te woon.
Mont Rouge is in 'n werkende vrugteplaas tussen die Winterhoekberge, sowat 12 km noord van Tulbagh. Die lieflike plaas omring deur natuurskoon en vriendelike personeel is die perfekte plek om onvergeetlike herinneringe te maak.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Konferensiegeriewe
Aktiwiteite op perseel
- Kunsvlieghengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Voëlkyk
- Wynproe
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Piekniekmandjies Op Versoek
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Sterkstroomweg, Tulbagh, 6820, Wes-Kaap
- Gaste dink Mont Rouge Cottages het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 23 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sterkstroomweg, Tulbagh, 6820, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom