LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Montusi Mountain Lodge | LekkeSlaap
+40

Montusi Mountain Lodge

Lodge
  • Kapasiteit: 40 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Langs die D119, Noordelike Drakensberge, Bergville, 3350, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R4 900 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Montusi Mountain Lodge is in die Noordelike KwaZulu-Natal Drakensberge, naby die Royal Natal Natuurreservaat geleë. Die lodge het vanaf elke gebou 'n uitstekende uitsig op die Amfiteater-berg.

Elke suite is versier met die aardse kleure van Afrika en het 'n gerieflike slaapkamer met 'n en suite-badkamer. Die sitkamer met 'n TV, gasvuurmaakplek en privaat stoep. Koffie- en teemaakgeriewe sluit 'n yskassie vir vars melk in. Die yskassie kan op versoek gevul word. Al die suites het 'n motorafdak vir 1 voertuig. Meeste suites het 'n koninggrootte-bed, maar sommige suites het 2 enkelbeddens. Die wittebrood-suites het elk 'n hoekbad vir 2 en al die suites het 'n panoramiese uitsig.

Die lodge is op 'n 1000 hektaar bewarea geleë met pragtige strome, 'n waterval, drie damme, dele van 'n natuurlike woud, twee grotte en boesmantekeninge. Die eiendom bied 'n pragtige speelgrond vir die eksklusiewe gebruik van Montusi gaste om te stap, perd te ry, bergfietsry, kunsvlieghengel en voëlkyk. Binne die gronde is 'n tennisbaan en 'n pragtige natuurlik-ontwerpte swembad.

Die lodge fokus op ruimte, gerief en vrede met persoonlike aandag aan die kleinste besonderhede. Dingetjies soos vars blomme in die suites, pragtige individueel voorbereide maaltye, kamerdiens en komplimentêre verwelkomingsdrankies maak Montusi 'n juweel in die Drakensberg.

Naby is 'n gholfbaan en 'n avontuursentrum en die Royal Natal Nasionale Park. Die Amfiteater Gholfbaan is teen die oewer van die Tugelarivier af en het 'n uitdagende 9-putjie-baan. Die All Out Adventure-sentrum bied 8 adrenalien-gevulde doendinge, soos 'n boomtop-kabelspoortoer en vierwielmotorfietsritte. Die Royal Natal Nasionale Park bied onbeperkte staproetes, boesmantekeninge en kleinwild.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kroeg
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Restaurant op Perseel
  • Persoonlike Kluis
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Forelhengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe

Maaltye Aangebied

  • Kamerbediening
  • Ontbyt
  • Aandete
  • Middagete
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Piekniek-middagete
  • Tee

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 11 resensies vir Montusi Mountain Lodge
Netheid
4.9/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
3.9/5

Ligging

  • Langs die D119, Noordelike Drakensberge, Bergville, 3350, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Montusi Mountain Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R4 900
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R4 900
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 40 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Langs die D119, Noordelike Drakensberge, Bergville, 3350, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDczOWFlOTIzLWUxZDQtNDkyOS04ZjU5LTFiOGI2M2U2OGU1MQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R4 900  per nag (vir 2 persone) 11 5 1 5 Off D119 Northern Drakensberg 3350 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-18:00 11:00 -28.622321885532 29.025854766369
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!