Morokolo Safari Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Morokolo Safari Lodge is teen die noordelike hange van die Pilanesberg in die Black Rhino Wildreservaat, wat onlangs opgeneem is in die Pilanesberg Nasionale Park, geleë en spog met een van die rykste verskeidenheid van Afrika se wild, roofdiere, plant- en dierlewe in Afrika. Ons 'n privaat boetiek-lodge, ver verwyder van die res van die wêreld, maar net 40 minute van Sun City af waar gaste gholf kan speel en watersport kan geniet. Reëlings kan getref word vir ekstra doendinge in die omgewing.

Kom en geniet 'n Afrika-safari op ons oop wildritvoertuig, met sitplek vir 10 gaste, met jou eie wildbewaarder, wat ingesluit is in die kamertarief. Koel af in ons swembad met 'n uitsig oor die Pilanesberge of ontspan in die intieme Jacuzzi met sitplek vir 6 mense op die perseel.

Ons bied 8 groot kamers in 2 kampe, waarvan 2 familiekamers en 6 is dubbelkamers is. Die dubbelkamers bied slaapplek vir 2 mense (met dubbel- of 2 enkelbeddens) en familiekamers vir 2 mense (met dubbel- of 2 enkelbeddens) onder, en 2 kinders in 'n oop solderkamer.

Elke suite het 'n ruim en suite-badkamer met moderne afwerkings en 'n bad en stort, 'n gemaklike sitarea en privaat patio. Daar is lugversorging in elke kamer. Daar is 'n kroegie in elke kamer, waarvoor gaste voor hulle vertrek moet betaal. Daar is ook 'n komplimentêre koffie- en teemaakgeriewe in elke kamer en in die hoof-lodge.

Die hoof-onthaalarea het 'n oopplan-ontwerp en 'n sitkamer met 'n TV, DStv en DVD-speler, 'n pragtige kroeg met pooltafel en verskeie bordspeletjies. Daar is ook 'n patio met 'n uitsig oor die swembad en die Pilanesberge.

Etes word in die reservaat se restaurant, net 2 minute van die lodge af, bedien. Aandete en ontbyt is ingesluit in die kamertarief. As jy een aand wil braai, kan jy dit spesifiseer saam met jou bespreking.

Daar is onderdakparkeerplek vir 8 voertuie.

Buffels wei gereeld in die area wanneer hulle skuiling soek in afgeleë gebiede wat nie toeganklik vir ander besoekers aan die Pilanesberg Nasionale Park nie. Met 'n pragtige tambotieboom-woud is die Black Rhino Reserve die tuiste van die Groot 5 (leeu, luiperd, buffel, olifant, en wit- en swartrenoster) sowel as jagluiperds en wildehonde. Wildsbokke sluit in swartwitpens, tsessebe, eland, gemsbokke en springbokke. Met 'n lys van meer as 354 spesies is die Black Rhino Reserve ook 'n ware voëlkykparadys.

Hetsy jy op soek is na 'n eksklusiewe, romantiese wegbreekplek, 'n privaat safari of vir jou volgende gesinsvakansie, is Morokolo Safari Lodge die plek vir jou. Ons kan ook klein konferensies en maatskappy-wegbreke akkommodeer.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie

Aktiwiteite op perseel

  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Begeleide Wildritte Ingesluit
  •  Braaiplek
  •  Portier
  •  Speletjieskamer
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging
  •  Wegbreekkamers
  •  Dataprojektor
  •  DVD-speler
  •  Blaaibord
  •  Skootrekenaar-projektor
  •  Internet
  •  Televisie
  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Morokolo Safari Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R6 590 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za