Mosey Inn
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Albertynstraat 3, Arniston, 7280, Wes-Kaap
- Vanaf R3 280 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Mosey Inn bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n kunstige strandhuis in Arniston. Die huis word goed onderhou en is net 650 m van Romanstrand af.
Die huis beskik oor 4 slaapkamers en het slaapplek vir 8 gaste. Die hoofslaapkamer is bo en het 'n koninggrootte-bed, 'n en suite-badkamer met 'n stort, en 'n balkon vanwaar gaste die sonsondergang kan geniet. Daar is 3 slaapkamers onder waarvan 1 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad het, en die ander 2 elk 2 enkelbeddens het. Dié 2 slaapkamers deel 'n badkamer met 'n stort.
Die strandhuis het 'n oopplan-leefarea met 'n kaggel en 'n kombuis wat ten volle toegerus is. Daar is 'n yskas, stoof, oond en 'n mikrogolf asook 'n skottelgoedwasser en 'n wasmasjien in die kombuis. Die sitarea het 'n TV met DStv.
Die huis het 'n kuierarea vir tieners wat na die binnehof lei, asook 'n buitestort met warm en koue water. Die omheinde binnehowe voor en agter die huis is windbeskut. Die huis het 'n alarmstelsel en linne en badhanddoeke word voorsien. Parkeerplek is ook beskikbaar.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
Aktiwiteite Naby
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Engels
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.7/5
Mari Geverifieer
Eiendomme 20
Resensies 35
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Albertynstraat 3, Arniston, 7280, Wes-Kaap
- Gaste dink Mosey Inn het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Albertynstraat 3, Arniston, 7280, Wes-Kaap