Mountain Fly Fishing

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Mountain Fly Fishing is gevestig op 'n plaas van 300 hektaar by die oorsprong van 'n bergstroom met asemrowende uitsigte. Die beeldskone Magoebaskloof-Haenertsburg-area van Limpopo is een van die land se bewaarde skatte. Die area is weggesteek teen die Wolkbergreeks en gevul met inheemse en gekultiveerde woude, graslande en kristalhelder bergstrome.

Ons 3-ster-instansie bied 5 volledig aangevulde kunsvlieghengel foreldamme op privaat eiendom. Die akkommodasie bestaan uit 4 vrystaande kothuise. Drie van die kothuise het slaapplek vir 6 gaste en die een kothuis het slaapplek vir 2 wat 'n bietjie meer privaatheid bied. Elke eenheid het sy eie braai-area, kombuis, vuurmaakplek, TV en skottel, maar bring asb jou eie DStv-dekodeerder. Linne word voorsien in elke kothuis, asook tee- en koffiemaakgeriewe. Mountain Fly Fishing se geriewe is ideaal vir stap, bergfietsry, vierwielmotorfietsry en voëlkyk. Daarom is dit perfek vir 'n familie- of groepwegbreek in die pragtige Magoebaskloofberge.

Troeteldiere is welkom, maar die tuin is nie omhein nie.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Kunsvlieghengel
  •  Forelhengel
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Etes Op Versoek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Mountain Fly Fishing gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R840 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za