Mountain Manor Guest House and Day spa

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Die hemel wag op jou!

Weggesteek in 'n stil deeltjie in die ooste van Pretoria, net soos jy afdraai van Lynnwood-pad af, sal jy ons vind. Weg van die rep en roer van die stad sal jy Ikhutsa Mountain Manor Guest House, Day Spa & Deli aantref. Ikhutsa beteken "ontspan" in die Afrika-taal Tswana. Ons toegewyde span streef daarna om elke gas se ervaring 'n wonderlike droom van volkome ontspanning en kalmte te maak.

Die 4-ster-geriewe bestaan uit: luukse verblyf, 'n rustige landelike spa wat gewaarborg is om jou moeë lyf te verander in 'n toonbeeld van perfeksie, 'n plattelandse deli op die perseel met 'n groot verskeidenheid gesonde en ongesonde peuselhappies, 'n kaggel om jou knus te hou in die winter, 'n kristalhelder swembad om in af te koel in die somer en 'n unieke funksie-venue om enige spesiale geleentheid te vier soos verjaarsdagpartytjies, ooievaarstee's, hennepartytjies, byeenkomste ensovoorts. Ikhutsa sal jou spesiale geleentheid onvergeetlik maak.

"Die lewe word nie gemeet in die aantal asemteue wat ons neem nie, maar wel in die oomblikke wat ons asem wegslaan"

Ikhutsa personeel staan gereed om elke individu te bederf met uitstekende vriendelikheid en professionaliteit. Jy mag dalk net besluit dat daar absoluut geen rede is om weer huiswaarts te keer nie!

Verblyf word aangebied in 7 luukse en suite-kamers. Elkeen het 'n unieke en warm gevoel en sal enige gas laat tuis voel. Elke suite beskik oor die volgende: lugversorging, DStv, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n yskassie, luukse toiletware, 'n haardroër, katoenlinne en -handdoeke en gemaklike leunstoele.

Die kamertipes is as volg:
Luukse suite: koningingrootte-bed, stort en bad, patio wat oor die swembad uitkyk.
Standaard suite: koningingrootte-bed of 'n dubbelbed, slegs 'n stort, patio wat oor die swembad uitkyk.
Sakpas standaard suite: dubbelbed, slegs 'n stort, patio.

Geriewe sluit in: ons is ongeveer 1,5 km van Hazeldean Winkelsentrum af, ons bied veilige parkeerplek, groot buite-swembad en tuin, plattelandse deli met 'n buitenste patio wat uitkyk oor die rustige tuin, wasgoedgeriewe.

Jou tuiste weg van die huis.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Wildritte

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Dataprojektor
  •  DVD-speler
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Kantoorgeriewe
  •  Televisie
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Middagete
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Piekniek-middagete
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Mountain Manor Guest House And Day Spa gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za