Mountain Pondokkie - Schoemanskloof Retreat
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Falls Fish-plaas, Schoemanskloof, Nelspruit-distrik, 1207, Mpumalanga
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R2 990 per nag, vir 8 mense
Beskrywing
Mountain Pondokkie is 'n ou klipkothuis wat uit ongeveer 1900 dateer en op die Falls Fish-plaas in die pragtige, inheemse Schoemanskloofvallei in Mpumalanga op pad na die Krugerwildtuin geleë is.
Die kothuis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 1 slaapkamer op die onderste verdieping, 2 solderslaapareas op die boonste verdieping, 2 badkamers, 'n kombuis, eetarea en 'n sitarea. Die slaapkamer op die onderste verdieping het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. 'n Geiser wat met sonkrag werk voorsien hierdie badkamer van warm watre.
Die 2 solderslaapareas bo die sitarea word met 'n steil trap bereik. Die slaapareas word met 'n gordyn geskei, maar privaatheid is beperk. Die eerste slaaparea het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaaparea het 'n koninggrootte-bed en lei na 'n dek. Daar is slaapplek vir 2 ekstra gaste op 'n koningingrootte-bed in die sitarea. Die tweede badkamer het 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Warm water word óf deur sonkrag óf 'n elektriese geiser voorsien.
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof en 'n oond toegerus. Die eetarea het 'n etenstafel met sitplek vir 6 en 'n smeulstofie en die sitarea het gemaklike rusbanke en 'n kaggel.
Buite is daar 'n onderdakstoep met sitplek, 'n ongelooflike uitsig en 'n kruiwabraai wat maklik onderdak geskuif kan word wanneer dit reën. Water word deur 'n bergstroom voorsien en word met sonkrag verhit of 'n elketriese geiser soos nodig. 'n Waterfilter word vir drinkwater voorsien. Die kothuis het 'n tuin en word omring deur 'n elektriese heining om bokke en ander wild uit te hou.
Slaapplek
’n Bespreking by Mountain Pondokkie - Schoemanskloof Retreat sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Troeteldiere indien gereël
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Badkamer
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.8/5
Dee Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 2
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Falls Fish-plaas, Schoemanskloof, Nelspruit-distrik, 1207, Mpumalanga
Sien meer verblyf in Schoemanskloof Mpumalanga
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Falls Fish-plaas, Schoemanskloof, Nelspruit-distrik, 1207, Mpumalanga
- Alle ouderdomme is welkom