Mountainview Villa
8 gaste
4 slaapkamers
6 beds
4 badkamers
- 8 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - 4 Mountain View Drive, Pecanwood Estate, Hartbeespoort, 0216, Gauteng Sien kaart
Beskrywing
Mountainview Villa is 'n pragtige selfsorg-vakansiehuis op die Pecanwood Estate wat tussen die skilderagtige Magaliesberge, in Hartbeespoortdam, skuil. Dit is die ideale opsie om van die stad se gewoel te ontsnap en is net 'n entjie se ry vanaf Johannesburg en Pretoria.
Dié dubbelverdiepingvilla bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers, 3 badkamers en 'n gastetoilet. Die boonste verdieping het lugversorging en die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, kasruimte en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die gaste in hierdie 2 kamers deel 'n volledige gesinsbadkamer. Die vierde slaapkamer is op die onderste verdieping en het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort.
Die ruim leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n gasstoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en koffie- en teemaakgeriewe toegerus is. Die kombuis lei na 'n knus sitarea met gemaklike sitplek en 'n TV met DStv. Gratis WiFi is beskikbaar. Hierdie area lei na 'n kroeg en 'n etenstafel.
Die leefarea lei na 'n onderdakhoutdek met 'n buite-etenstafel, gasbraai en 'n lieflike uitsig oor die rivier. Hierdie verblyf spog ook met 'n swembad.
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- 4 Mountain View Drive, Pecanwood Estate, Hartbeespoort, 0216, Gauteng
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
4 Mountain View Drive, Pecanwood Estate, Hartbeespoort, 0216, Gauteng
Sien kaart- 8 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang