Queenswood Akkommodasie by Our Place | LekkeSlaap
+103

Our Place

Langtermynverblyf-aanbod 25% af

Kry 25% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 7 persone
  • Inkloktyd: 13:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mullerstraat 163, Queenswood x2, Pretoria, 0186, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R400 R300 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Our Place is in Pretoria, langs die N1 en die N4, naby winkelsentrums en sakegebiede geleë. Verblyf is beskikbaar in 3 eenhede wat apart bespreek kan word naamlik Thee Place, The Cosy Corner en The Room.

Alhoewel al die eenhede op een perseel is, het dit 'n baie ontspanne atmosfeer. Die doel is om Our Place jóú plek te maak sodat jy elke keer hier aanklop.

'n Verwelkomingsvoorraad koffie en tee word voorsien.

Thee Place is 50 m² groot en het slaapplek vir 2 gaste. Dit is 'n oopplan-eenheid met 'n koningingrootte-bed met 'n warmkombers, en 'n oopplan-badkamer met 'n dubbelwasbak, hoekbad en 'n handstort. In die sitkamer is daar 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Die kombuis is apart en ten volle toegerus vir selfsorg. Daar is 'n etenstafel. Lugversorging, WiFi en 'n haardroër is beskikbaar in die eenheid. Buite is daar veilige parkeerplek, 'n swembad en 'n groot tuin met 'n privaat braai-area.

The Cosy Corner het 1 slaapkamer met 'n koningingrootte-bed en 'n warmkombers, 'n en suite-badkamer met 'n toilet en 'n stort, 'n kombuis wat ten volle toegerus is en daar is 'n aparte sitkamer en eetkamer. Die TV het beperkte kanale. Daar is ook 'n haardroër, 'n waaier, lugversorging, 'n verwarmer en 'n musiekspeler. Gaste het toegang tot 'n swembad, braai-area en 'n privaat Weber kan bespreek word.

Gaste kan ook gerus die kruie in die tuin gebruik. Daar is veilige onderdakparkeerplek met sekuriteitskameras en WiFi. 'n Wasgoeddiens is teen 'n addisionele fooi beskikbaar. Indien gaste rugprobleme het, is daar 'n hoër toiletsitplek beskikbaar, asook 'n kinderstoeltjie vir die bad.

Our Place is net 800 m vanaf Kilnerpark Dagkliniek, 'n Spar, die Hardy Muller-sirkel, die Moot Hospitaal, die groot winkelsentrums en plaaslike restaurante. Die Botaniese Tuine, Uniegeboue en Universiteit is net 'n entjie se ry ver en plekke in die middestad soos Colbyn, Rietfontein, Villieria, Rietondale, Silverton, Hatfield, Meyerspark, Waverley, Queenswood en Kilnerpark is naby. Daar is 'n oefenbof vir gholf-spelers net 3 km vanaf Our Place. 'n

Nuwe winkelsentrum met 'n Woolworths, 'n Checkers en verskeie restaurante het ook onlangs net 3 km van Our Place af oopgemaak.

Our Place is ook naby verskeie groot hospitale.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • 24-uur Ontvangs
  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 25 resensies vir Our Place
Netheid
4.9/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Mullerstraat 163, Queenswood x2, Pretoria, 0186, Gauteng
  • Gaste dink Our Place het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R400
Vanaf R300
per nag (plek vir 2)
was R400
Vanaf R300
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Inkloktyd: 13:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mullerstraat 163, Queenswood x2, Pretoria, 0186, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAMKjdFQmPJHQfvm3Np4XXS2eSSy3vTzdhuPMS0RMAtGirNvS8eV?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R400, nou Vanaf R300  per nag (plek vir 2) 25 5 1 5 163 Muller Street Queenswood x2 0186 Gauteng 086 999 0018 13:00-21:00 10:00 -25.714679 28.256969
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za