Muunga Bush Lodge & Spa
- Kapasiteit: 10 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Rotsvy-weg 420, Hoedspruit Wildlife Estate, Hoedspruit, 1380, Limpopo
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R3 650 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Muunga Bush Lodge & Spa is op die veilige Hoedspruit Wildlandgoed in die dorpie Hoedspruit wat deur die grootste bewarea ter wêreld wat in privaat besit is omring word. Die dorp is naby die landgoed se ingang so gaste kan maklik uitry winkels toe en in die dorp rondwandel. Daar is egter ook oorgenoeg om op die landgoed te doen soos selfry-wildritte, staproetes na voëlskuilings, huurfietse en perdry.
Die lodge het slaapplek vir tot 10 gaste in 5 luukse suites. Gaste kan tussen die Deluxe-kamers, Superior Suites en 'n Selfsorgkothuis kies. Elke kamer het lugversorging en sy eie en suite-badkamer.
Die lodge het 'n gastesitarea en -eetarea. Buite is 'n lapa met sitplek en 'n vuurput. Daar is ook 'n groot swembad met 'n uitsig oor die bos waar gaste op sonstoele kan ontspan en 'n skemerkelkie geniet.
Die Mungaa Spa bied gesigbehandelings, masseersessies, nael- en voetversorging, waksbehandelings en kleuring ("tinting").
Die Hoedspruit Wildlandgoed is veilig en het 'n elektriese heining, 24 uur-toegangsbeheer en sekuriteitswagter.
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Spa-behandelinge
- Swembad
- Gastesitkamer
- Geen Rook Binnenshuis
- Masseer- en Skoonheidsterapie
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Wildkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Ligging
- Rotsvy-weg 420, Hoedspruit Wildlife Estate, Hoedspruit, 1380, Limpopo
Sien meer verblyf in Hoedspruit Kruger tot Canyons Limpopo
- Kapasiteit: 10 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Rotsvy-weg 420, Hoedspruit Wildlife Estate, Hoedspruit, 1380, Limpopo
- Alle ouderdomme is welkom